Premier Guest House Krugersdorp

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Premier Gueshouse bied 3-ster-verblyf en is in Krugersdorp Noord geleë. Dié verblyf is ideaal vir vakansiegangers én sakereisigers. Die gastehuis is naby 'n verskeidenheid winkels, restaurante en toegangspaaie.

Die akkommodasie bestaan uit 7 suites, wat volledig toegerus is. Daar is 6 kamers wat slaapplek vir 2 gaste in elkeen bied. Dié kamers is ideaal vir oornagverblyf en het koffie- en teemaakgeriewe, asook 'n privaat badkamer. Die wittebrood-suite bied selfsorggeriewe, asook 'n sitkamer, eetkamerarea, kroegtoonbank en slaapkamer met 'n en suite-badkamer. Dié suite het ook 'n balkon.

Daar is 'n gemeenskaplike selfsorgkombuis met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas, breekware en eetgerei. Die kombuis het 'n gesondheidsertifikaat wat deur die Gesondheidsdepartement toegeken is.

Gaste kan ontspan by die lapa met 'n grasdak of die gemeenskaplike swembad. Braaigeriewe is beskikbaar.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  24-uur Ontvangs
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Premier Guest House Krugersdorp gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R900 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za