LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Pretoria Executive Cottages | LekkeSlaap
+12

Pretoria Executive Cottages

8 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 36 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Loschoord 12, Moreleta Park, Pretoria, 0044, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 000 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Pretoria Executive Cottages - Die kothuise is in 'n weelderige tuin met 'n skitterende swembad geleë en is ideaal vir langtermyn- of oornagverblyf. Al die kothuise is in 'n sekuriteitskompleks met 'n privaat tuin, 'n stoep en braaigeriewe geleë.

Die kothuise is argitektonies ontwerp, elegant gemeubileer en spog met pragtige tuine. Daar is eenhede met 1, 2 of 3 slaapkamers om van te kies met 'n skitterende swembad. Al die kothuise word daagliks skoongemaak en skoon linne en handdoeke word voorsien. Die kothuise het elkeen 'n stoep in 'n privaat tuin. Die kombuisies is volledig toegerus, daar is WiFi, veilige parkering en 'n wasserydiens.

Daar is 9 kothuise in dié sekuriteitskompleks in Moreleta Park, 'n pragtige en natuurskone buurt in die oostelike voorstede. Die kothuis is naby aan al die hoofweë geleë, slegs 20 min. van die middestad, Midrand en OR Thambo Internasionale Lughawe af. Wingate en Woodhill buiteklubs, Moreleta natuurroetes, Virgin Active gimnasium, Menlyn- en Woodlands winkelsentrums en Rietvlei natuurreservaat is op ons voorstoep.

Kom geniet 'n wegbreekkans hier by ons in die Jakarandastad!

Opsomming van Resensie

4.4 uit 5van 8 resensies vir Pretoria Executive Cottages
Netheid
4.3/5
Diens
4.0/5
Ligging
4.6/5
Veiligheid
4.6/5
Waarde vir geld
4.4/5

Ligging

  • Loschoord 12, Moreleta Park, Pretoria, 0044, Gauteng
  • Gaste dink Pretoria Executive Cottages het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 000
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R1 000
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 36 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Loschoord 12, Moreleta Park, Pretoria, 0044, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGUwNDA1MDJlLTEyZDgtNDVmMi04NTk5LWViNzI0YmM4ZGVjMg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 000  per nag (vir 2 persone) 8 5 1 5 12 Loschoord Moreleta Park 0044 Gauteng 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -25.830002246599 28.289007317791
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!