Pretoria House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Pretoria House is in die hartjie van Waterkloof in Pretoria geleë en dis naby ambassades, die Brooklyn Winkelsentrum en kantoorblokke.

Die eiendom is vanaf alle hooftoegangsroetes bereikbaar en dis die ideale plek vir sakereisigers en vakansiegangers. Die instansie bied ruim kothuise en kamers, 'n groot onthaalarea met 'n kaggel, 'n onderdakbraai op die stoep, 'n privaat Jacuzzi, seisoenale swembad en 'n welige tuin.

Al die kamers en kothuise het gehalte-beddens en -linne, lessenaars, tee- en koffiemaakgeriewe, slim-TV's met Netflix, gratis WiFi, antieke meubels, sygordyne en Persiese matte. Elke kothuis het 'n privaat ingang en 'n kombuisie met basiese warmmaakgeriewe soos 'n yskassie en 'n mikrogolfoond.

Pretoria House het ook geriewe soos 'n eetkamer, raadsaal, sigaarsitkamer, 24 uur-sekuriteit met 10 kameras, hoë mure en elektriese heinings. 'n Buffet-ontbyt is op versoek beskikbaar.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Frans
  •  Duits

Konferensiegeriewe

  •  Kantoorgeriewe
  •  Internet
  •  Televisie
  •  Plek vir tot 20 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Aandete Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Pretoria House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R695 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za