Kimberley Akkommodasie by Pro Plants Accommodation | LekkeSlaap
+22

Pro Plants Accommodation

5 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 40 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Memorial-weg, N12, Kimberley, 8301, Noord-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R900 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Pro Plants Accommodation is op 'n kwekery net buite Kimberley geleë en is naby die Kimberley Lughawe.

Daar is slaapplek in 10 nuutgeboude selfsorg-eenhede wat elkeen 2 tot 4 gaste kan huisves. Daar is 3 eenhede met baddens en 7 eenhede met storte. Elke eenheid het 'n koningingrootte-bed en 'n dubbelslaapbank wat ideaal is vir 2 kinders of 1 volwassene. 'n Ekstra enkelbed kan op versoek voorsien word.

Die kombuis is toegerus met koffie- en teemaakgeriewe, 'n mikrogolfoond, yskas, broodrooster en breekware vir 4 gaste per eenheid. Daar is ook 'n etenstafel met stoele en badhanddoeke en toiletware word voorsien.

Elke eenheid het 'n TV met beperkte kanale en die leefarea het 2 stoele, 'n slaapbank en 'n staanwaaier. Daar is ook 'n herlaaibare lamp en daar is 'n watertenk op die eiendom vir water en beurtkrag. Elke eenheid het ook 'n patio met 'n tafel en stoele, en lugversorging.

Daar is veilige onderdakparkeerplek vir gaste se voertuie.

'n Haardroër, strykyster en strykplank, tweeplaatstoof, elektriese braaipan, potte en panne kan op versoek voorsien word. Elke eenheid het 'n braaipan en 'n braaitang. Daar is ook 'n gerieflike braai-area.

'n Kontinentale ontbyt kan in die eenheid se yskas voorsien word indien vooraf gereël. Dit sluit jogurt, ontbytpap, kaas, brood, botter, sap, melk en vrugte in.

Pro Plants is 'n welbekende kwekery in Kimberley en bied verskeie geriewe aan die publiek. Voëls en ander diere kan hier aanskou word en kinders kan in die veilige speelarea by die restaurant baljaar. Die restaurant bedien ligte maaltye.

Alhoewel die eiendom langs die N12 geleë is, bied dit steeds 'n stil plaas-atmosfeer met baie ruimte. Daar is genoeg parkeerplek vir busse of ander voertuie met waentjies en selfs karavane. Dit is 'n veilige area en die hele perseel is omhein. Dié verblyf is in dieselfde straat as verskeie restaurante, die Noord-Kaap Mall, Caltex vulstasie en die Monumentspar-sentrum. Die Gariep Hospitaal is ook maklik bereikbaar vanaf die verblyf.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Restaurant op Perseel
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek
  • Middagete
  • Piekniekmandjies Op Versoek
  • Piekniek-middagete
  • Tee

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 5 resensies vir Pro Plants Accommodation
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ligging

  • Memorial-weg, N12, Kimberley, 8301, Noord-Kaap
  • Gaste dink Pro Plants Accommodation het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Kimberley Noord-Kaap
Vanaf R900
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R900
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 40 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Memorial-weg, N12, Kimberley, 8301, Noord-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAxZzsQt6RqHJJCqyzgT2z4vGVTynA5LWudTW5M3SEuXj6uE9ugS?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R900  per nag (vir 2 persone) 5 5 1 5 Memorial Road N12 8301 Noord-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -28.773178349222 24.7491085378
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za