Pumba Game Camp
- Kapasiteit: 10 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Pride of Africa Game Reserve, , Dinokeng, 0400, Gauteng
- Geen kinders onder 12
- Vanaf R1 700 per nag (vir 2 persone)
Beskrywing
Hierdie unieke, afgesonderde kamp is in die hartjie van die Dinokeng-Noord in die Bosveld. Dit is sowat 'n uur se ry van die stad af en besoekers word begroet met die stilte van die bosveld, vars lug en die strelende getjilp van die oorvloedige voëllewe. Verlustig jouself in absolute privaatheid en onstpan by die rotsswembad. Sit saans in die lapa onder die sterrehemel en luister hoe die jakkalse roep. Jy kan ook op jou stoep sit en koffie drink terwyl jy kyk hoe die olifante hul dors by die watergat les. Die privaat kamp is sowat 8 km van die hoofhek af op die Pride of Africa Privaat Wildreservaat. Die reservaat is deel van die Dinokeng Groot 5 Reservaat. Die wild wat vrylik rondloop op hierdie 5600 hektaar malariavrye stukkie aarde sluit die volgende in: renosters, njalas, gemsbokke, kameelperde, elande, blouwildebeeste, rooibokke, waterbokke, sebras, koedoes, jakkalse, rooihartbeeste, vlakvarke, leeus, olifante en buffels.
Die kamp:
Die hele kamp bestaan uit 5 chalets wat 12 gaste huisves.
Die lapa-area het 'n vuurmaakplek, braaigeriewe, volledig toegeruste kombuis (stoof, oond, vries/yskas, yskas vir drankies, mikrogolf, filterkoffiemasjien, warmplaat) en 'n grasdak-ontbytarea. Die nie-rook sitkamer het genoeg plek vir 14 gaste en is toegerus met 'n eetkamertafel vir konferensies. DStv.
Ons nie-rook chalets bestaan uit:
4 chalets met 2 enkelbeddens, elkeen met 3 enkelbeddens, en suite-toilet en -stort;
1 chalet met 1 dubbelbed en 1 enkelbed, en suite-stort en -bad.
Ons vriendelike personeel is daagliks beskikbaar.
Ons kampbestuurder sal jou elke dag op 'n wildrit neem.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Begeleide Wildritte as Ekstra
- Begeleide Wildritte Ingesluit
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Rolstoelvriendelik
Aktiwiteite op perseel
- Groot 5
- Voëlkyk
- Wildritte
- Wildkyk
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
Opsomming van Resensie
Ligging
- Pride of Africa Game Reserve, , Dinokeng, 0400, Gauteng
- Gaste dink Pumba Game Camp het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 10 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Pride of Africa Game Reserve, , Dinokeng, 0400, Gauteng
- Geen kinders onder 12