Punta Del Mar

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Punta Del Mar is 'n meenthuis met selfsorggeriewe, teen die rivier in Blue Water Bay, net 2 minute se stap van die strand af.

Die huis het plek vir 8 persone en bestaan uit 4 slaapkamers, 2 badkamers, 'n oopplan-kombuis, -sitkamer en -eetarea. Al die kamers het TV's met DStv en die hoofslaapkamer het 'n en suite-badkamer. Die tweede badkamer is toegerus met 'n stort en 'n wasmasjien.

Die oopplan-kombuis en -leefarea, sowel as 2 van die slaapkamers het 'n uitsig oor die rivier. Die kombuis is met 'n stoof en oond, ketel, mikrogolf en broodrooster toegerus. Daar is plek vir 8 persone aan die eetkamertafel en die sitkamer-area het 'n platskerm-TV met DStv. Verder is daar braaigeriewe aan die voorkant van die huis met 'n uitsig oor die rivier en die see, en 'n addisionele onderdakbraai-area. 'n Toesluitmotorhuis en onderdakparkeerplek is ook beskikbaar.

Slaapplek

'n Bespreking by Punta Del Mar sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Kenmerke

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Punta Del Mar gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 400 per nag (vir 8 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za