Kenton-on-Sea Akkommodasie by Pura Vida Holiday Suite | LekkeSlaap
+5

Pura Vida Holiday Suite

Selfsorg
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Oak-weg 4, Kenton-on-Sea, 6191, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 250 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Pura Vida Holiday Suite is 'n pragtige kontemporêre selfsorgkothuis in 'n skadutuin in Kenton-on-Sea in die Oos-Kaap. Dié vrystaande woonstel is stapafstand van die Blouvlagstrand (2 minute) en die Kariegarivier af, en 5 minute se stap vanaf die dorp en restaurante.

Die eenheid het 1 slaapkamer met 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak.

Die sitkamer het gemaklike sitplek en 'n TV met DStv. Die kombuis is met gehaltetoebehore, breekware en eetgerei toegerus en word daagliks volledig skoongemaak.

Die eenheid het 'n veilige tuin met oorgenoeg parkeerplek op die perseel. Verder is daar ook 'n aparte alarmstelsel in die eenheid.

Kenton on Sea is aan die kus tussen Bushman's en die Kariegarivier geleë en bied uitmuntende strande, rotspoele, voetslaanroetes op jou drumpel. Die riviermonde is baie gewild onder vlieërbranderryers en vissermanne.

Die omgewing word omring deur privaat wildreservate wat daguitstappies en rivierekskursies aanbied, en waar onder meer die Groot 5 gesien kan word. Naby Port Alfred kan gaste diepseevisvang en restaurante en die fliek besoek. Daar is 'n lughawe waar gaste 'n Tiger Moth-vliegtog kan aanskou. Die omgewing bied bergfietsroetes deur woude en op die uitgestrekte strande aan weerskante van die riviere. Albei die riviere is vaarbaar en vol visse en krappe, en die voëllewe is skitterend.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • 24-uur Ontvangs
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • Oak-weg 4, Kenton-on-Sea, 6191, Oos-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 250
per nag (plek vir 2)
Vanaf R1 250
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Oak-weg 4, Kenton-on-Sea, 6191, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDZlOTRiNjFmLTEyNDgtNDdhNC1iNDQxLWY0MTM3M2M5MWEwMA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 250  per nag (plek vir 2) 4 Oak Road Kenton-on-Sea 6191 Oos-Kaap 086 999 0018 14:00-23:00 11:00 -33.681705233074 26.677726394443
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za