Puschka House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Puschka House bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n tipiese Suid-Afrikaanse plaashuis op 'n werkende organiese plaas in 'n luisterryke vallei, net 30 km vanaf die klein dorpie Magaliesburg af.

Die huis het 4 slaapkamers, 2 badkamers, 'n aparte toilet, leefarea en eetarea, en 'n ruim kombuis. Drie van die 4 slaapkamers het koningingrootte-beddens en die vierde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Elektriese komberse, verwarmers en warmwatersakke word voorsien in die slaapkamers. Die eerste badkamer het 'n bad en 'n stort en daar is 'n stort in die tweede badkamer (daar is ook 'n aparte toilet). Die ruim kombuis is toegerus met 'n gasstoof, elektriese oond, yskas, mikrogolf, ketel, broodrooster en 'n sitarea vir 10 gaste. Die leefarea het 'n TV met sekere DStv-kanale en 'n kaggel. Verder het die huis sy eie swembadjie met 'n veiligheidsnet, en 'n braai-area. Die eiendom is privaat en omhein en gevolglik ideaal vir kindertjies en honde. Kaggelhout kan aangekoop word op die plaas en gaste moet asseblief onthou om hul eie swemhanddoeke saam te bring.

Puschka is 800 meter van die hoofplaashuis af. Gaste is welkom om hul kinders bekend te stel aan die plaasdiere. Daar is ook 'n winkel in die hoofhuis wat plaasprodukte verkoop. Gaan stap gerus 'n entjie, hou piekniek of gaan ry met jou bergfiets op hierdie plaas wat 220 hektaar groot is.

Slaapplek

'n Bespreking by Puschka House sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Puschka House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R790 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]