Quarter Deck 4

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Quarter Deck 4 is 'n smaakvol versierde tweeslaapkamerwoonstel in die hartjie van Port St Francis. Dié woonstel bied 'n uitsig oor Port St Francis Marina.

Die woonstel het slaapplek vir 4 gaste in 2 en suite-slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en lei na 'n balkon met 'n uitsig oor die hawe. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die kombuis het 'n ontbythoekie en is toegerus vir selfsorg. Die leefarea het 'n klein etenstafel en stoele, en die sitarea het 'n TV. Die balkon het 'n klein sitarea met draagbare braaigeriewe. Die woonstel is ideaal vir paartjies, vriende of 'n klein gesin. 'n Daaglikse skoonmaakdiens is ingesluit.

Die woonstel is gerieflik geleë en is stapafstand van die seekosrestaurante in Port St Francis se hawe af. Gaste het toegang tot die privaat strand binne die landgoed. Doendinge in die area sluit staproetes langs die kus, visvang, bootvaarte op die kanaal tydens sonsondergang, en perdry in.

Slaapplek

'n Bespreking by Quarter Deck 4 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Engels

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Quarter Deck 4 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 600 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za