Que Sera Sera
- Kapasiteit: 11 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Disastraat 29, Boggomsbaai, Mosselbaai-distrik, 6500, Wes-Kaap
- Geen kinders onder 6
- Vanaf R1 400 per nag (plek vir 5)
Beskrywing
Que Sera Sera bied selfsorg-akkommodasie in Boggomsbaai, 27 km van Mosselbaai se middedorp af. Die huis is ideaal vir 'n groot gesin wat op soek is na gerieflike en rolstoelvriendelike verblyf, na aan 'n verskeidenheid doendinge op die Tuinroete.
Verblyf bestaan uit 1 hoofhuis met slaapplek vir 6 en 'n woonstel met slaapplek vir 5 wat albei volledig gemeubileer is. Die hoofhuis het 2 slaapkamers en 2 badkamers. Daar is 'n volledig toegeruste kombuis om maaltye voor te berei en 2 oopplan-leefareas. Die huis het ook 'n hysbak, handrelings en opritte vir rolstoeltoegang.
Die woonstel is goed ingerig en het 'n ruim kombuis, 2 slaapkamers, 1 badkamer en 'n ekstra braai-area buite.
Parkeerplek van die straat af is beskikbaar op die perseel. Que Sera Sera is stapafstand of ryafstand van die strand, winkels en restaurante in Vleesbaai af en dis ook net 'n entjie se ry vanaf verskeie geriewe en doendinge in die omgewing.
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
- Rolstoelvriendelik
Aktiwiteite op perseel
- Wynproe
- Fietsry
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- Disastraat 29, Boggomsbaai, Mosselbaai-distrik, 6500, Wes-Kaap
- Gaste dink Que Sera Sera het ’n goeie ligging
Sien meer verblyf in Boggomsbaai Tuinroete Wes-Kaap
- Kapasiteit: 11 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Disastraat 29, Boggomsbaai, Mosselbaai-distrik, 6500, Wes-Kaap
- Geen kinders onder 6