Manaba Akkommodasie by Queens House | LekkeSlaap
+27

Queens House

5 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Queens House, Manaba, 4276, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R665 per nag (plek vir 10)

Beskrywing

Queens House is 'n selfsorg-eenheid in Manaba aan die Suidkus van KwaZulu-Natal. Die Suidkus het 'n versameling goue strande, strandmere, rotsagtige baaie, grashellings, die warm Indiese Oseaan-water, sonnige weer, subtropiese woude en plantegroei wat veral gedurende die feesseisoen gaste lok.

Die huis het 2 slaapkamers, 1 badkamer en slaapplek vir 10 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n stapelbed. Die sitkamer het 2 enkelbeddens en daar is nog 'n stapelbed naby die ingang. Daar is 'n badkamer met 'n bad en stort en plafonwaaiers in die slaapkamer en die sitkamer.

Die huis het ook 'n kombuis, sitkamer en eetkamer. Die kombuis is goed toegerus en het 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, ketel, mikrogolfoond en broodrooster. Daar is 'n eetkamertafel met sitplek vir 6 gaste. Die eetarea het sitplek vir 4 gaste en die sitarea het 2 gemaklike rusbanke en 'n TV met DStv. Gaste moet asb. hul eie standaard-dekodeerder en -slimkaart saambring. Daar is ook 'n privaat tuin en braaigeriewe. Daar is oop parkeerplek vir 2 voertuie.

Let wel dat daar 'n aparte tweeslaapkamerwoonstel op die perseel is wat apart of saam met die hoofhuis bespreek kan word.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek

Geriewe

  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg

Aktiwiteite Naby

  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Opsomming van Resensie

4.4 uit 5van 5 resensies vir Queens House
Netheid
4.2/5
Diens
4.2/5
Ligging
4.6/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.2/5

Ligging

  • Queens House, Manaba, 4276, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Queens House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R665
per nag (plek vir 10)
Vanaf R665
per nag (plek vir 10)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Queens House, Manaba, 4276, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGE4OWFlODcxLWI3YTMtNDAyNC05ODdkLTA2NDVhNzRiMjViMw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R665  per nag (plek vir 10) 5 5 1 5 Queens House Manaba 4276 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-17:00 09:00 -30.85197 30.381041
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za