We are bilingual! Pick your language: Ons is tweetalig! Kies jou voorkeurtaal:
 by Raaswater | LekkeSlaap
+22

Raaswater

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 22 resensies vir Raaswater
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5
Mossie En Cecile N - Aug 2022
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Mossie En Cecile N
Saam met eggenoot / lewensmaat

Net ons, ons honde en strandlopertjies op die strand - wat 'n belewenis.

Baie dankie June, dit was 'n heerlike wegbreek en as ons weer kom, sal ons weer by Raaswater kom slaap. Perfekte gasvrou wat ons met vars gebakte brood, kaas, konfyt, melk en eiers bederf het.

Raaswater se terugvoer

Liewe Mossie en Cecile baie dankie vir die mooi resensie -waardeer dit. Julle sal altyd welkom by Raaswater wees. Ook julle hondekinders. Vriendelike Groete June

Raaswater
Viktor C - Jul 2022
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Viktor C
Saam met eggenoot / lewensmaat

June Hanna is 'n uitstekende gasvrou en het ons verblyf regtig baie aangenaam gemaak.

Goed ingerigte woonstel met 'n uitstekende ligging.

Raaswater se terugvoer

Baie dankie vir die mooi resensie Viktor en Anneke. Ons waardeer dit sommer baie. Noudat julle in Yzerfontein bly, kan julle maar die surplus gaste na ons verwys!
Vriendelike groete
June Hanna
Raaswater

Raaswater
Charlene P - Jun 2022
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Charlene P
Saam met eggenoot / lewensmaat

Home away from home.

June was 'n fantastiese gasvrou van die oomblik wat ons daar aangekom het tot die dag wat ons vertrek het. Een van die skoonste/netjiese gastehuise waar ons al gebly het. Sal definitief aanbeveel.

Raaswater se terugvoer

Liewe Charlene, baie dankie vir jou mooi kompliment. Dit was heerlik om julle by Raaswater te ontvang. Baie dankie ook dat julle die woonstel so netjies agter gelaat het. Dit word altyd waardeer.
Vriendelike groete
June

Raaswater
Estelle V - Feb 2022
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Estelle V
Saam met vriende

Rustig en ontspannend.

Wat 'n verrassing toe ons die deur oopsluit. Baie meer as wat ons verwag het! Het nou 'n "sakpas"-blyplek ontdek. Netjies en ruim als wat jy benodig vir 'n wegbreek. Gasvrou warm, vriendelik en ruimhartig. Het ook 'n besoek ontvang van 2 volstruise wat die pad patrolleer. Ha ha ha.

Raaswater se terugvoer

Baie dankie Estelle, vir jou mooi resensie. Dit word baie waardeer.
Groete

Raaswater
Louise V - Feb 2022
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Louise V
Saam met eggenoot / lewensmaat

A superb location!

Loved Yzerfontein, superb!

Raaswater se terugvoer

Baie dankie Louise, dat jy die tyd geneem het om vir ons die resensie te skryf.

Raaswater
Mariette H - Jan 2022
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Mariette H
Saam met eggenoot / lewensmaat

Heerlike kuier by pragtige verblyf.

Raaswater is 'n pragtige en skoon blyplek met alles wat jy mag nodig kry. June se kommunikasie was uitstekend en sy het my ouers baie tuis laat voel.

Raaswater se terugvoer

Liewe Mariette
Ons waardeer dat jy die tyd ingeruim het om vir ons die mooi resensie te skryf. Baie dankie ook aan jou pa wat vir my die heerlike pruime en suurlemoene gebring het. Mense soos hulle is baie dun gesaai.
Vriendelike groete
June Hanna
Raaswater

Raaswater
Brynn K - Jan 2022
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Brynn K
Enkelreisiger

June was wonderful. Its clean, it's near the beach, it's quiet, it's pet friendly. Totally worth the money.

June was wonderful. It's clean, it's near the beach, it's quiet, it's pet friendly. Totally worth the money.

Raaswater se terugvoer

Hello Brynn
Thank you for your lovely review. It is much appreciated.
Regards

Raaswater
Werne M - Nov 2021
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Werne M

Onvertbeterlike ligging en gasvrou.

Raaswater was een van die beste plekke nog waar ons oorgebly het. Van ons aankoms tot ons vertrek het was dit heerlik stil en ontspannend en June was die perfekte gasvrou. Daar was selfs 'n melktert in die kombuis om ons te verwelkom. Baie dankie vir 'n netjiese en skoon blyplek met alles wat mens nodig gehad het, selfs Netflix toe dit begin reën het! Sal beslis weer gaan!

Raaswater se terugvoer

Baie dankie vir die baie mooi resensie. Jy en Zach was die ideale gaste en sal altyd weer welkom by ons wees. Die woonstel was so netjies agter gelaat dat ek byna gewonder het of julle wel hier by ons geslaap het! (lol) Baie dankie ook vir die pragtige bos blomme. So 'n groot verrassing gewees.

Raaswater
Janine D - Nov 2021
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Janine D
Saam met vriende

Oulik en privaat.

Ons het dit baie geniet by Raaswater. Dis privaat en net sommer 'n lekker bly-ervaring. Stapafstand na die see. Als is daar wat jy bennodig en 'n baie vriendelike gasvrou. Ons het eers na 8 aangekom en was hartlik ontvang. Die lekker vars brood en gebak en vars rose was sommer net tops!

Raaswater se terugvoer

Beste Janine
Baie dankie vir jou mooi resensie. Ons het dit net so geniet om julle as gaste te gehad het.
Vriendelike groete
June Hanna
Raaswater

Raaswater
Hendrik D - Nov 2021
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Hendrik D
Saam met eggenoot / lewensmaat

Wow!

Wow wow wow.. Dit moet een van die beste selfsorg eenhede wees waar ons al gebly het. Die ligging is uitstekend met die see as uitsig. Net 'n paar tree dan is jy by die skoon oop strand, fantasties. Die see se gerommel in die aande het 'n sagte uitwerking op jou en jy geniet 'n salige nagrus. Die braai is twee tree van die kombuis en alles is daar, tot 'n rooster. Die gasvrou, June, is een fantastiese mens. Dankie vir die brood en Portugese koekies met die aankoms. Sy is wat ons van praat, 'n mens mens. Altyd beskikbaar vir enige iets en dis asof sy jou beste vriendin is vir jare en jare. Die plekkie is baie netjies en skoon. Dit voel regtig of jy by die huis is, self jou motor slaap agter 'n deur toegesluit. June, jy sal ons weer sien en dis 'n belofte. Dankie vir generator toe Eskom besluit het om ons liggies af te sit. Ons wens jou net van die beste vir die toekoms en hoop jou besigheid groei van sterkte tot sterkte.

Raaswater se terugvoer

Hallo Hendrik
Baie dankie dat jy die tyd geneem het om vir ons hierdie pragtige resensie te skryf. Dit word baie waardeer en maak alles die moeite werd. Julle sal altyd welkom by Raaswater wees.
Groete
Raaswater

Raaswater
Neels D - Mei 2021
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Neels D
Saam met eggenoot / lewensmaat

Uitstekende verblyf en warm gasvryheid.

Sal beslis weer gebruik.

Hanlie M - Apr 2021
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Hanlie M
Saam met eggenoot / lewensmaat

Verskriklik netjies en alles was perfek.

June is 'n baie aangename gasvrou, gesels lekker en alles was perfek. Heerlike vars brood, konfyt en botter gekry by aankoms. Heerlike plekkie aan die Weskus om te gaan ontspan.

Raaswater se terugvoer

Liewe Hanlie
Baie dankie vir jou mooi resensie. Ons waardeer dit baie. Julle sal altyd baie welkom by Raaswater wees.
Vriendelike Raaswater groete
June

Raaswater
Hannie K - Apr 2021
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Hannie K
Saam met eggenoot / lewensmaat

Beste ervaring.

Tannie June het ons laat welkom voel voor ons nog daar aangekom het. Gasvryheid in oorvloed. Dit was koelerig met die seelug, maar met Tannie June se opregte verwelkoming en vriendelikheid regdeur die hele naweek was dit sommer warm. Alles en meer is in Raaswater. Ek verstaan waar die naam Raaswater vandaan kom, met die wonderlikste geluide van die branders. Dit was so lekker ek wou nie eers terug huis toe nie. Baie dankie Tannie June, dit was ons beste wegbreek ooit.

Raaswater se terugvoer

Liewe Hannie, baie dankie vir jou pragtige resensie van Raaswater. Dit word opreg waardeer en julle sal altyd hier welkom wees.
Vriendelike groete.

Raaswater
Roy R - Mrt 2021
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Roy R
Saam met eggenoot / lewensmaat

A superb weekend - fabulous.

From the time we arrived to a warm welcome from our host June our 2 night stay was fantastic. The apartment is spacious and fully equipped located within a short walking distance to the ocean which you can pleasantly hear in the background. We have stayed in many places around the world but Raaswater ranks amongst the best. Highly recommended.

Raaswater se terugvoer

Thank you for your kind words - much appreciated. You were superb guests and you will always be welcome at Raaswater.

Raaswater
Charmaine D - Mrt 2021
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Charmaine D
Saam met eggenoot / lewensmaat

Pragtige, volledige, toegeruste woonstel.

Pragtige woonstel met wonderlike, gasvrye eienaars. Sal dit beslis weer besoek.

Raaswater se terugvoer

Baie dankie vir jou positiewe opmerking Charmaine. Julle sal altyd by Raaswater welkom wees.

Raaswater
Linda M - Feb 2021
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Linda M
Saam met eggenoot / lewensmaat

Beautiful and peaceful holiday apartment.

We enjoyed our stay at Raaswater tremendously, apartment is fully equipped with everything you can possibly need for a comfortable and enjoyable stay. Location is excellent, five minute walk to the beach. We were welcomed by our friendly host June, on arrival and she checked-up regularly over the weekend to ensure we are okay. Beautiful partial sea view from the living area and falling asleep listing to the sea, was just what we needed. We are looking forward to a next visit to Raaswater.

Raaswater se terugvoer

Dear Linda
Thank you for your kind words. You will always be welcomed at Raaswater.
Regards
June

Raaswater
Zanel V - Feb 2021
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Zanel V
Saam met eggenoot / lewensmaat

Uitstekende verblyf.

Heerlike naweek in Yzerfontein. Raaswater bied 'n rustige atmosfeer en die ligging is perfek. Die woonstel was puik en sliwerskoon. Baie gerieflik en alles wat mens nodig het. Privaateheid word gerespekteer.

Raaswater se terugvoer

Liewe Zanel baie dankie vir jou mooi en bedagsame resensie. Ek waardeer dit so as ons gaste terugvoering gee. Jy weet natuurlik dat jy altyd welkom by Raaswater sal wees.
Groete
June Hanna

Raaswater
Andre S - Jan 2021
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Andre S
Saam met eggenoot / lewensmaat

Fantastie, asemrowend, en die vriendelikheid van June was soos ou vriendskap.

Wel ons het met 'n rowwe begin afgeskop. Nadat ons by June gekom het en als reggestel het was dit rerig onbeskryflik lekker en rustig. June het dit absoluut die moeite werk gemaak. Sy het vars rose in elke vertrek gesit, dit het gevoel of ons by 'n 5-ster-lodge ingeboek het. Asemrowende klanke van natuur en water. Dit sal definitief nie die laaste keer wees wat ons gaan nie. June, spesiale dank aan jou en jou vriendelikheid.

Raaswater se terugvoer

Liewe Andre en Rita
Baie dankie vir die pragtige resensie. Ek waardeer die mooi woorde en dit spoor my aan om nog beter te doen. Julle voel soos ou vriende en sal altyd weer welkom by Raaswater wees.
Groete en baie liefde
June

Raaswater
Altus D - Okt 2020
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Altus D
Saam met eggenoot / lewensmaat

Heerlik

Die geskenkies en brood was heerlik. Baie vriendelike gasvrou (June)

Raaswater se terugvoer

Môre Altus baie dankie vir jou oorsig oor Raaswater. Dit word waardeer.
Groete
June

Raaswater
Marna B - Aug 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Marna B
Enkelreisiger

Stil en rustig, gasvryheid uit die boonste rakke.

As jy wil wegkom uit die stadsgewoel, is Raaswater en Yzerfontein net die plek vir jou. Die woonstel is baie goed ingerig met ekstras soos 'n verlengkoord, haardroër en strykyster. Die gasvrou deel graag meer inligting oor Yzerfontein en ek is baie gasvry ontvang met 'n ietsie uit die Rosemead bakkery. (NS: Maak seker jy maak daar ook 'n draai, jy sal nie spyt wees nie). Baie dankie vir die heerlike tydjie!

Raaswater se terugvoer

Beste Marna,

Baie dankie vir jou mooi resensie oor Raaswater. Ons hoop jou tyd hier in Kaapstad en omgewing was lekker. Jy sal altyd welkom wees by ons.

Groete,
June - Raaswater

Raaswater
Piet M - Jul 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Piet M
Saam met eggenoot / lewensmaat

10/10 in alle opsigte.

Netjies, skoon, goed toegerus, die ekstra myl en totaal bo verwagte gasvryheid, maklike stap afstand van Schaapeiland en die stap padjies, stil omgewing. Ten sterkste aanbeveel.

Raaswater se terugvoer

Beste Piet en Jeanne
Baie dankie vir die mooi woorde. Julle is enige tyd weer welkom om julle batterye te herlaai.

Groete
June Raaswater

Raaswater
Bernd T - Apr 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Bernd T
Saam met eggenoot / lewensmaat

As jy voel om jou weg te breek en te herlaai is dit die plek, daar kan mens asemskep.

Daar is nie juis veel te sê oor Raaswater behalwe dat die gasvryheid en sorg boekdele spreek. Ek en my geliefde het dit so geniet om net 'n slag asem te haal. Ons was verbaas dat June al die vuur vir ons aangesteek het toe ons daar land. As daar meer sterre was as net 5 sou ons Raaswater vir elke aspek 10 uit 5 gee. Sal vir seker weer daar gaan oorbly en dit aanbeveel vir enige egpaar wat 'n ruskans soek en verdien.

Raaswater se terugvoer

Liewe Bernd, baie dankie vir die mooi woorde. Julle was ongelooflike gaste wat enige tyd weer welkom sal wees. Baie dankie dat julle die plek ook mooi agtergelaat het. Dit word altyd waardeer.

Raaswater
Vanaf
R850
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R850
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R850
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: J Carter-straat 5, Yzerfontein, 7351, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 18
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAx29QwoghFSWZZ1EgxhmEsUlCnJJJRUul0jrsKmfXajJpdNmDQv?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R850  per nag (plek vir 2) 22 5 1 5 5 J Carter Street Yzerfontein 7351 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-21:00 10:00 -33.35270530047 18.15271200954
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!

Stem vir ons in die World Travel Awards!

stem
stem