Tres Jolie Akkommodasie by Ramkiki Country English | LekkeSlaap
+40
+40

Ramkiki Country English

  • Vanaf R895 per nag (plek vir 2)
  • Kapasiteit: 26 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Peter-weg 35, Ruimsig, Johannesburg, 1732, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Ramkiki Country English is 'n plattelandse landgoed in die Ruimsigvallei in Honeydew. Die landgoed skuil tussen reuse-wilgerbome waar poue al langs die rivier se lowerryke oewers pronk.

Dié landgoed is die ideale plek vir vriende, gesinne of kollegas om te ontspan, of dit nou vir 'n konferensie, 'n produkbekendstelling, 'n spesiale geleentheid, 'n intieme aandete of 'n ontspanne middagete op die dek is.

Verblyf word in luukse kamers gebied wat elk 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer het. Elke kamer het ook tee- en koffiemaakgeriewe, 'n TV met sekere DStv-kanale en WiFi.

Gaste kan in die swembad afkoel, vir 'n stappie op die landgoed se grasperke gaan of die Ramkiki Farmhouse Restaurant op die perseel besoek. Hierdie restaurant het 'n opwindende spyskaart en word geken aan sy heerlike houtvuur-pizzas.

Ramkiki het 'n groot, interaktiewe onderdak-speelsentrum. Hier kan gaste ontspan en 'n drankie of 'n maaltyd geniet terwyl hulle kyk hoe die kinders baljaar. Die groot vermaakarea kan ook vir geleenthede soos kinderpartytjies of 'n ooievaarstee bespreek word.

Ramkiki het ook 'n baie mooi trou-venue en verskillende konferensiesale om van te kies. Daar is 2 konferensiesale: Hornbill het plek vir 50 afgevaardigdes en Zebra het plek vir 60. Die kapel op die perseel het plek vir 150 gaste. Ramkiki kan troues met tot 300 gaste akkommodeer in die Wilge-saal wat na 'n dek met 'n rivier-uitsig lei. Ramkiki se 2 kommersiële kombuise bied spyskaarte vir middagetes en aandetes. Spyskaarte kan ook pasgemaak word vir 'n funksie.

Die parkeerarea het plek vir 300 voertuie en daar is 'n sekuriteitsingang sodat gaste gerus kan wees wanneer hulle 'n funksie bywoon.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Veilige Parkering
Gratis WiFi
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Kroeg
  • Swembad
  • Gastesitkamer
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Restaurant op Perseel
  • Satelliet-TV
  • Gratis WiFi
  • Konferensiegeriewe
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Fietsry

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete
  • Aandete Op Versoek
  • Middagete

Konferensiegeriewe

  • Dataprojektor
  • Skootrekenaar-projektor
  • Televisie
  • Plek vir tot 50 afgevaardigdes
  • Plek vir 50 of meer afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Parkering Van Die Straat Af

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 2 resensies vir Ramkiki Country English
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Peter-weg 35, Ruimsig, Johannesburg, 1732, Gauteng
  • Gaste dink Ramkiki Country English het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R895
per nag (plek vir 2)
Vanaf R895
per nag (plek vir 2)
Vanaf R895
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 26 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Peter-weg 35, Ruimsig, Johannesburg, 1732, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAADFHagQIvCgLdy9y5P0nSFe1GYd58Vof6zw7Eg23BzX1mFuFWxZ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R895  per nag (plek vir 2) 2 5 1 5 35 Peter Road Ruimsig 1732 Gauteng 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -26.079257538581 27.881844048549
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za