Ramsgate Akkommodasie by Ramsgate Dunes | LekkeSlaap
+26

Ramsgate Dunes

6 resensies
Selfsorg
Langtermynverblyf-aanbod 10% af

Kry 10% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Geldig vanaf 1 Des 2020 tot 15 Jan 2021.

  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Shore-rylaan, Ramsgate Dunes 8, Ramsgate, 4280, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R900 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Ramsgate Dunes is in 'n rustige, lowerryke buurt in Ramsgate geleë. Dit is stapafstand vanaf die strand en die strandmeer by die Mbizane-rivier. Ramsgate Dunes is die ideale plek vir 'n seevakansie en bied gemaklike selfsorgverblyf in 'n dorpshuis met 2 verdiepings. Die huis is ideaal geleë in die kompleks oorkant die swembad, die klubhuis en die strandhekkie.

Die huis het gemaklike slaapplek vir 8 gaste en beskik oor 3 slaapkamers. Die slaapkamers is op die boonste verdieping van die huis en het 2 koningingrootte-beddens in die eerste twee kamers, en 2 stapelbeddens in die derde kamer. Daar is ook 'n kot vir gaste wat 'n babatjie het. Elke kamer het skuifhortjies voor die vensters. Die hoofslaapkamer het 'n klein balkon en 'n en suite-badkamer met 'n bad. Daar is 'n tweede badkamer met 'n stort, asook 'n gastetoilet onder. Die ruim leefarea op die onderste verdieping beskik oor 'n kombuis wat ten volle toegerus is, 'n eetarea met sitplek vir 8 gaste en lei na 'n beskutte patio met ingeboude braaigeriewe. Die kombuis is toegerus met 'n yskas, 'n oond, stoof, mikrogolfoond, en 'n skottelgoedwasser. Daar is 'n aparte sitarea met 'n TV met sekere DStv-kanale en 'n DVD-speler.

Die huis beskik oor 'n motorhuis wat kan sluit en daar is parkeerplek voor die eenheid vir 'n ekstra voertuig of sleepwa. Die kompleks is beveilig met elektriese hekke en wagte wat patrolleer tydens hoogseisoen. Linne word voorsien vir die 8 beddens, maar gaste moet asb. hul eie strand- en badhanddoeke saambring. Om DStv te kyk, moet gaste ook asb. hul eie DStv-dekodeerder en slimkaart saambring, of hulle kan 'n DStv-dekodeerder huur met al die kanale. Daar is 'n tafeltennistafel in die klubhuis en gaste is welkom om die gemeenskaplike swembad te gebruik.

Geniet middagetes, drankies en roomys by die seefront restaurant, kroeg en snoepwinkel of besoek die Lifestyle Village wat 'n versameling restaurante en 'n pizzeria bied. Pistols Saloon en die Riverbend Krokodilplaas is net 3 km ver. Ramsgate Village is sowat 2 km van die kompleks af en gaste kan ook hier die gewilde Waffle House en 'n groot verskeidenheid restaurante en kroeë besoek. Margate, met sy skemerkelkiekroeë, nagklubs en vermaak tydens hoogseisoen is net 10 minute se ry ver, of gaste kan die omliggende areas verken en plaaslike besienswaardighede, soos gholfbane, die Wild Coast Sun, Oribi Gorde Natuurreservaat, duikplekke en slangparke besoek.

Slaapplek

’n Bespreking by Ramsgate Dunes sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Koningingrootte-bed Kinderbedjie
Slaapkamer 2
Plek vir 3 persone
1 xKoningingrootte-bed
1 xKinderbedjie
Stapelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 4 persone
2 xStapelbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 6 resensies vir Ramsgate Dunes
Netheid
4.5/5
Diens
4.3/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Shore-rylaan, Ramsgate Dunes 8, Ramsgate, 4280, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Ramsgate Dunes het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R900
per nag (plek vir 8)
Vanaf R900
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Shore-rylaan, Ramsgate Dunes 8, Ramsgate, 4280, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDIzMWRjMTIwLTJhNWMtNDM1MC1iZjZkLTkxNzMxYWYxNTY2Zg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R900  per nag (plek vir 8) 6 5 1 5 Shore Drive 8 Ramsgate Dunes 4280 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-23:00 09:00 -30.905722205821 30.33475086795
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za