Hoedspruit Akkommodasie by Raptors Wildlife Escape 28 and 48 | LekkeSlaap
+18

Raptors Wildlife Escape 28 and 48

7 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 48 Raptors View Wildlife Escape, Tawny Eagle-straat, Hoedspruit, 1380, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 500 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Raptors Wildlife Escape 28 and 48 bied gerieflike selfsorg-verblyf in die hartjie van Hoedspruit, tussen die Krugerwildtuin en die Blyderiverspoort. Raptors Apartments bied die ideale plek vir 'n wegbreek waar gaste kan ontspan en die natuur geniet.

Apartment 28 het 'n groot oopplan-kombuis, -leefarea en braai-area. Die spiraaltrap lei na die super koninggrootte-kamer met en suite-stort. Die leefarea het 'n slaapbank wat vir 2 kinders geskik is.

Apartment 48 het slaapplek vir tot 4 gaste en die woonstel bestaan uit 2 dubbelslaapkamers, 1 badkamer, 'n oopplan-leefkamer, -kombuis en braai-area. Die badkamer het 'n stort en bad en die sitarea het 'n TV met sekere DStv-kanale. Die kombuis is toegerus met 'n yskas, mikrogolfoond, 'n oond en 'n stoof. Daar is lugversorging en WiFi beskikbaar. Gaste is welkom om die swembad by die lodge te gebruik.

Hierdie klein en unieke dorpie spits hulself toe op natuurbewaring en bied vele toere en doendinge, soos begeleide toere en besoeke aan die Protrack anti-wildstropery opleidingskamp. Gaste kan ook die Moholoholo rehabilitasiesentrum vir diere besoek of die Hoedspruit sentrum vir bedreigde spesies. Ander doendinge sluit riviervlotvaart, perdry en warmlugballonvlugte in. Gaste wat by Raptors Wildlife Escape 28 and 48 tuisgaan kan toegang verkry tot die Krugerwildtuin deur die Orpen-hek en hulle kan die Blyderivierspoort besoek.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Frans

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Reisigerstjeks
  • Kontant
  • Forex
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.3 uit 5van 7 resensies vir Raptors Wildlife Escape 28 and 48
Netheid
4.4/5
Diens
4.0/5
Ligging
4.3/5
Veiligheid
4.1/5
Waarde vir geld
4.4/5

Ligging

  • 48 Raptors View Wildlife Escape, Tawny Eagle-straat, Hoedspruit, 1380, Limpopo
  • Gaste dink Raptors Wildlife Escape 28 and 48 het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 500
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R1 500
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 48 Raptors View Wildlife Escape, Tawny Eagle-straat, Hoedspruit, 1380, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDgzOGE5YTZhLTg3YzAtNGZlOS1iZDg1LTMyM2NjYjVkYmMwYg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 500  per nag (vir 2 persone) 7 5 1 5 48 Raptors View Wildlife Escape Tawny Eagle Street 1380 Limpopo 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -24.358771931427 30.946724116802
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za