10 Red Coral, Strand

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

10 Red Coral in Strand is so naby aan die see dat jy dit kan ruik! Ons is in 'n stil doodloopstraat, een straat van die strand af, geleë. Dié moderne woonstel front na noord en is perfek vir 'n vakansie! Die privaat balkon bied fantastiese uitsigte op die berg en 'n stukkie van die see.

Die woonstel is naby die volgende plekke:
Restaurante:
- Ben's
- Terroir Restaurant en vele meer

Wyn- en kaasplase:
- Stellenbosch (20,9 km ver)
- Franschhoek (39,2 km ver)
- Paarl (48,9 km ver)

Besienswaardighede:
- Kirstenbosch (47 km ver)
- Rhodes Memorial (45,7 km ver)
- Universiteit van Kaapstad (45,3 km ver)
- Tafelberg en vele meer

Teaters:
- Baxter (44,3 km ver)
- Barnyard (35,8 km ver)
- Fugard Teater

Gholfbane:
- Strand Gholfbaan
- Erinvale Gholfbaan
- De Zalze Gholfbaan
- Stellenbosch Gholfbaan

Inkopiesentrums:
- Somerset Mall
- Waterfront
- Canal Walk

Die woonstel is naby die N2-snelweg en net 31 km vanaf Kaapstad Internasionale Lughawe. Dit is dus ideaal vir sakereisigers wat 'n rustige aandjie na 'n lang, besige dag verkies.

Dit is 'n moderne woonstel met 2 gerieflike en stylvol ingerigte slaapkamers. Die woonstelblok is veilig en het onderdakparkeerplek met 'n outomatiese motorhek. Die kompleks het 'n gemeenskaplike swembad, braai, wassery, en klein gimnasium.

Die tweeslaapkamerwoonstel kan 4 gaste akkommodeer. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en lei na 'n balkon. Daar is 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die tweede badkamer het 'n stort.

Die sitkamer het 'n TV, DStv en DVD-speler. Die kombuis het graniettoonbanke en is ten volle toegerus met 'n oond, stoof, suigwaaier, skottelgoedwasser, wasmasjien, tuimeldroër, yskas, vrieskas en mikrogolf.

Daar is 'n gasbraai buite. Gaste kan hier lekker kosmaak met see-uitsigte en 'n verfrissende see-briesie.

Slaapplek

'n Bespreking by 10 Red Coral, Strand sluit in:

2 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Wynproe
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Verekombers
  •  Waaier

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  DVD
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 10 Red Coral, Strand gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 000 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za