Red Earth @ Magaliesburg Self-catering

Voeg by Gunstelinge

 

Langtermynverblyf-aanbod 10 % af

Kry 10% af vir verblyf wat 4 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Beskrywing

Red Earth @ Magaliesburg Self-catering bied verblyf in die rustieke Red Earth Farmhouse en is ongeveer 25 km vanaf Magaliesburg en ongeveer 50 km vanaf Rustenburg op 'n plaas geleë. Die plaashuis is van rooiklip gebou wat op die plaas opgegrawe is. Die klip is in die son gedroog, nie in 'n oond gebak nie, daarom is die dieprooi kleur behoue.

Red Earth het slaapplek vir 6 gaste in 3 slaapkamers, en daar is 'n badkamer met 'n bad en 'n stort, 'n kombuis met 'n spens, 'n sitkamer en 'n eetkamer. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed, die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 'n enkelbed en 'n futon-bank. Die kombuis is toegerus met eetgerei en breekware, 'n broodrooster, 'n oond en stoof, en 'n yskas. Daar is braaigeriewe op die stoep. Vuurmaakhout word voorsien.

Gaste kan die rustigheid van die omgewing geniet. Daar is bokkies, bobbejane, ystervarke, ape, konyne en 'n verskeidenheid voëlspesies op die plaas. Doendinge in die omgewing sluit in: 'n staptog in die kloof na die grot en om dan vanaf die berg die klipsirkels te sien. Gaste kan ook fietsry op die grondpaaie en swem in die plaasdam. Kinders kan in interaksie met die hoenders en konyne op die plaas tree. Daar is ook papier en skryfbehoeftes vir die kinders beskikbaar.

Slaapplek

'n Bespreking by Red Earth @ Magaliesburg Self-catering sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Enkelslaapbank

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Fietsry

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Red Earth @ Magaliesburg Self-catering gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 500 R1 350 per nag (vir 6 mense)

Kry 10% af vir verblyf wat 4 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za