LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Reebok Apartments | LekkeSlaap
+25

Reebok Apartments

  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Olckersweg 11, Reebok, 6503, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R750 per nag(plek vir 6)

Beskrywing

Reebok Apartments is halfpad tussen George en Mosselbaai geleë in die stil woonbuurt, Reebok. Die woonstelle is 1 straat van die strandfront af en naby 'n groot getypoel en rotspoele vir kleiner kinders.

Verblyf word in 2 woonstelle aangebied wat elkeen slaapplek vir 6 gaste het.

Die woonstelle het elkeen 2 slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die kamers deel 1 badkamer met 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak, en daar is 'n aparte gaste-toilet.

Die oopplan-kombuis is toegerus met 'n stoof, oond, yskas, mikrogolfoond, koffie- en teemaakgeriewe, breekware en eetgerei.

Die sitkamer het gemaklike sitplek, 2 enkelbeddens en 'n TV met 'n DStv-koppelpunt. Gaste moet asb. hulle eie DStv-dekodeerder, -afstandbeheer en -slimkaart saambring.

Daar is buitebraaigeriewe en parkeerplek is voor die gebou beskikbaar.

Die rustige strande is ideaal vir stap soos die son sak en opkom, en Kleinbrakrivier het lieflike swemstrande met lewensredders gedurende die spitsseisoen, sodat die hele gesin op die strand kan baljaar.

Reebok Apartments is in die hartjie van die Tuinroete geleë, perfek vir 'n daguitstappie na Knysna, Oudtshoorn, George, Mosselbaai, Hartenbos en verskeie ander besienswaardighede.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Rolstoelvriendelik

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Rolstoelvriendelik

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 14 resensies vir Reebok Apartments
Netheid
4.6/5
Diens
4.6/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.4/5

Ligging

  • Olckersweg 11, Reebok, 6503, Wes-Kaap
  • Gaste dink Reebok Apartments het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R750
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R750
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Olckersweg 11, Reebok, 6503, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAlGbHbKfTa76kV1H8LqxrJUzafcESA4qbW6wwBLRRyXbUbX3VHe?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R750  per nag(plek vir 6) 14 5 1 5 11 Olckersweg Reebok 6503 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-23:00 10:00 -34.076951190178 22.173280814134
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!