Rejuve Self-catering Apartment

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Rejuve Self-catering Apartment is 'n gerieflike selfsorgwoonstel in die Albion Court-kompleks aan die voet van Tafelberg. Dit het 'n sentrale ligging naby Rondebosch, die Baxter-teater, Rhodes Gedenkteken, UCT, Cavendish Square en Kirstenbosch Botaniese Tuine, asook verskeie restaurante, winkels en wegneemeetplekke.

Rejuve het slaapplek vir 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 1 badkamer en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en skuifdeure wat op 'n privaat tuin oopmaak. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens wat op versoek as 'n koninggrootte-bed opgemaak kan word. Die beddens is oorgetrek met perkallinne. Die badkamer spog met graniettoonbanke, sandsteenteëls, 'n moderne instapstort en daar is 'n toilet en 'n wasbak.

Die kombuis het graniettoonbanke en is toegerus met kombuisgeriewe soos 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, ketel, dompelkoffiepot, mikrogolf en 'n broodrooster. Die oopplan-sitarea bied toegang tot die tuin met 'n uitsig op die berg. Daar is gratis WiFi en Netflix.

Albei slaapkamers en die sitarea se kantligte het Glo-On gloeilampe wat tydens beurtkrag lig kan verskaf.

Slaapplek

'n Bespreking by Rejuve Self-catering Apartment sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Wynproe
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Verekombers
  •  Waaier

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Rejuve Self-catering Apartment gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 800 per nag (vir 4 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za