Remini
Bly 4 nagte en betaal slegs vir 3 op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie. Geldig vir verblyf vanaf 6 Mei 2024 tot 31 Okt 2024.
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 2 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Leadwoodstraat 54, Wavecrest, Jeffreysbaai, 6330, Oos-Kaap
- Geen kinders onder 18
-
Vanaf
R680R510 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Remini is 'n tuinwoonstel in 'n doodloopstraat in die woonbuurt Wavecrest, Jeffreysbaai. Die eiendom grens aan die Noorsekloof Natuurreservaat met sy ryk voëllewe. Die boonste balkon bied 'n pragtige uitsig oor die see, die Noorsekloof Natuurreservaat en dele van Jeffreysbaai.
Die eenheid is ideaal vir 2 gaste, hetsy 'n egpaar of 2 enkellopendes. Vir enkellopendes word 'n ekstra bed in die sitkamer voorsien.
Die eenheid beskik oor 'n sitkamer, 1 slaapkamer, 'n badkamer en 'n kombuis. Die sitkamer beskik oor 'n rusbank, gemakstoel, 'n dagbed en TV met DStv Premium. Die slaapkamer het 'n dubbelbed en die badkamer het 'n stort, bad, wasbak en 'n aparte toilet. Die kombuis is met 'n tafel en stoele, yskas, broodrooster, mikrogolfoond, tweeplaatstoof, oond, gasstofie, ketel, breekware en eetgerei toegerus. 'n Strykyster, strykplank en 'n haardroër word voorsien. Daar is ook 'n stoep met braaigeriewe sowel as 'n boonste balkon met 'n pragtige uitsig.
Tydens beurtkrag is daar 'n gasstofie met 'n ketel, plafonligte met batterygedrewe gloeilampe in die slaapkamer en badkamer, 2 herlaaibare ligte en sonkraglig in die kombuis en 1 herlaaibare lig in die sitarea beskikbaar.
Remini is sowat 800 m vanaf die strand, winkels en 'n gesinsrestaurant. Veilige parkeerplek en WiFi is beskikbaar.
Alle beddegoed en handdoeke word voorsien, maar gaste moet eie strandhanddoeke saambring.
Slaapplek
’n Bespreking by Remini sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
Badkamer
- Bad
- Aparte toilet
- Stort
- Seep
Eenheidgeriewe
- Verekombers
- Waaier
- Kluis
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Retha Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 57
Jaar gelys 5
Ligging
- Leadwoodstraat 54, Wavecrest, Jeffreysbaai, 6330, Oos-Kaap
- Gaste dink Remini het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Noorsekloof Jeffreysbaai Sarah Baartman-distrik Oos-Kaap
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 2 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Leadwoodstraat 54, Wavecrest, Jeffreysbaai, 6330, Oos-Kaap
- Geen kinders onder 18