Tuinroete Akkommodasie by Remote Locations Witsand | LekkeSlaap
+21

Remote Locations Witsand

Tentekamp
  • Kapasiteit: 20 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plaas 487, Witsand , 6666, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 12
  • Vanaf R1 980 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Remote Locations Witsand is 'n tydelike tentekamp op 'n plaas met 'n 3 km lange strand, naby Witsand en die Breederiviermond. Dié tente is op sandsteen-heuwels wat 'n uitsig oor die Indiese Oseaan en Witsand in die verte het. Gaste het toegang tot privaat strande onder die kampe en kan heeldag sonbaai of in die see afkoel.

Verblyf is beskikbaar in seiltente wat elk geskik is vir 2. Elke tent het 2 enkelbeddens wat in 'n koningingrootte-bed omskep kan word en het kussings, komberse en duvets. Warmwaterbottels kan ook voorsien word vir die koue nagte. Elke tent het sonkragligte, tee- en koffiemaakgeriewe en gemaklike kampstoele.

Verder het elke tent privaat ablusiegeriewe met 'n chemiese toilet en emmer-stort. Gaste kan enige tyd van die dag warm stort en 'n buitestort met 'n uitsig oor die see geniet.

Ontbyt en aandete is by die tarief ingesluit en word in 'n Bedoeïense eettent wat op die krans met 'n uitsig oor die oseaan opgeslaan is, bedien. Ontbyt bestaan uit 'n kontinentale buffet en braaikos wat per bord bedien word. Die aandete is 'n driegangmaaltyd en bestaan uit Suid-Afrikaanse geïnspireerde geregte wat as buffet bedien word. Die tent het 'n deurskynende voormuur, selfs al is die weer sleg buite, is dit lekker en gesellig binne en die uitsig is onbelemmerd. Daar is 'n vuurput voor om die sterrehemel te geniet.

Kenmerke

Afrikaans
Veilige Parkering

Geriewe

  • Kroeg
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant

Ligging

  • Plaas 487, Witsand , 6666, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Tuinroete Wes-Kaap
Vanaf R1 980
per nag (plek vir 2)
Vanaf R1 980
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 20 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plaas 487, Witsand , 6666, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 12
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA156f786306ad5a8947aff858853563dcfce356a59e2e9425a99fba3a275ff1ddc2860b6f55fc214a8afb3cfe8ddbccee1d00?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 980  per nag (plek vir 2) Farm 487 Witsand 6666 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-18:00 10:00 -34.370524261075 20.91004183135
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za