Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Rest Assured

  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Ou Hoofstraat 53, Gillitts, 3610, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 000 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Rest Assured is in die hartjie van Hillcrest geleë en bied gemaklike selfsorgverblyf in 'n lieflike B&B wat stapafstand van die Old Heritage Market, nou bekend as die Oxford Centre, af is. Die Oxford Centre bied verskeie wegneemete-winkels restaurante en ander winkels.

Verblyf word aangebied in 2 selfsorgeenhede en 4 en suite-slaapkamers wat elkeen hul eie privaat ingang het. Elke eenheid beskik oor 'n dakwaaier, 'n TV met sekere DStv-kanale, 'n gasvryheidskinkbord en 'n verwarmer vir die koue wintermaande. In 2 van die kamers is daar 'n slaapbank vir kinders. Gaste het ook toegang tot gratis WiFi.

Die B&B het oorgenoeg parkeerplek agter elektroniese hekke, sowel as 'n swembad met 'n veiligheidsnet, 'n tennisbaan, en 'n somerhuisie met braaigeriewe by die swembad. Gaste word 'n Kontinentale of volledige Engelse ontbyt bedien. Kredietkaartgeriewe is beskikbaar en jou gashere praat vlot Frans.

Oorkant die pad en stapafstand vanaf die B&B, is die Lillies Quarter Leefstylsentrum met 3 lieflike restaurante: Oscars Cafe Hillcrest, Olive & Oil, en Lupa Osteria. Gaste kan die die natuurlike kloof met pragtige staproetes, piekniekplekke en watervalle besoek. Daar is verskeie gholfbane in die omgewing en die B&B is stapafstand vanaf 'n oefenbof. Hillcrest is ook die beginpunt van die baie gewilde Vallei van 1000 Heuwels met toeriste-besienswaardighede en -kunsvlytwinkels.

Kenmerke

Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem
  • Tennis

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Forelhengel
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Engels
  • Frans
  • Zoeloe

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Diners-kaart
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 16 resensies vir Rest Assured
Netheid
4.9/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.9/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.6/5

Ligging

  • Ou Hoofstraat 53, Gillitts, 3610, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Rest Assured het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 000
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 000
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Ou Hoofstraat 53, Gillitts, 3610, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDgxZjVkNmE4LTBlOGEtNDAyNy05MWY5LTUyZDFlYzhjOGVhNw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 000 per nag, vir 2 mense 16 5 1 5 53 Old Main Road Gillitts 3610 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -29.789159966684 30.775833139881