#Restmycase

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

#Restmycase bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n woonstel wat smaakvol ingerig is. Die eenheid het slaapplek vir 2 en is in 'n woonstelblok in die hartjie van Stellenbosch geleë. Dis ideaal vir paartjies, sakereisigers, toeriste, besoekers aan die universiteit en enkelreisigers.

Die opgeknapte woonstel het 1 slaapkamer, 'n badkamer, kombuis en 'n leefarea. Die slaapkamer het 2 enkelbeddens wat saam geskuif is en die badkamer het 'n stort. Daar is 'n TV met volledige DStv in die sitarea en WiFi. Die kombuis het 'n wasmasjien en 'n skottelgoedwasser. Die woonstel word deur 'n alarmstelsel beveilig en parkeerplek is beskikbaar.

Die woonstelblok is stapafstand vanaf die mall, flieks, gimnasium, kuierplekke, koffiewinkels, restaurante, wynboetieks, Universiteit Stellenbosch se Botaniese Tuine, Coetzenburg Atletiekstadion, kuriowinkels en ander handelaars. Universiteit Stellenbosch is net sowat 2 blokke hiervandaan. Die agterkant van die gebou front na die Botaniese Tuine. Jonkershoek Natuurreservaat is 9,4 hiervandaan en is ideaal vir bergfietsry en voetslaan. Gaste kan die dorp te voet verken, fietse huur of na die wynplase in die omgewing ry.

Slaapplek

'n Bespreking by #Restmycase sluit in:

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Elektriese kombers
  •  Waaier
  •  Kluis

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na #Restmycase gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R950 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za