Retreat Cottage

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Retreat Cottage behoort al vir 5 generasies aan dieselfde familie. Ons voorvaders het sweepstokke gemaak wat gebruik is om osse mee aan te hits. Deesdae word perskes, appelkose, druiwe en sitrus op die plaas verbou. Die interieur van die kothuis is eenvoudig en gerieflik.

Die kothuis het slaapplek vir 5 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 1 badkamer en 'n oopplankombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die derde tweede slaapkamer het 3 enkelbeddens. In die badkamer is daar 'n stort, toilet en 'n wasbak.

Die kombuis is ten volle toegerus vir selfsorggebruik en sluit 'n tweeplaatstoof, houtvuurstofie, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, breekware en eetgerei in. Die eetarea het sitplek vir 4 gaste en in die sitkamer is daar 'n gemaklike sitkamerstel en 'n TV. Die kothuis staan eenkant en is omring deur asemrowende uitsigte oor die Agterkliphoogte-vallei.

Die plaas het pragtige klowe in die Riviersonderendberge, veld waar gaste lekker kan gaan stap, bergfietsryroetes en visvanggeleenthede in die varswaterdamme.

Slaapplek

'n Bespreking by Retreat Cottage sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 3 persone
3 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry

Badkamer

  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Retreat Cottage gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R600 per nag (plek vir 5)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]