Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Rietrylaagte Accommodation and 4x4

  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Rietrylaagte Plaas, Trawal, 8147, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 100 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Rietrylaagte Accommodation and 4x4 is 5 km van die N7 af op 'n grondpad naby die plaasgemeenskappie, Trawal. Ons verblyf is die ideale oornagplek vir diegene wat tussen Kaapstad en Namibië reis, of vir dié wat in die lente kom blomme kyk.

Patrys het 2 slaapkamers met slaapplek vir 4 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die badkamer het 'n stort, toilet en wasbak. Linne word voorsien, maar gaste moet hulle eie handdoeke saambring. Daar is lugversorging en 'n alarmstelsel in die huis. Die sitarea het gemaklike sitplek en 'n groot ingeboude braai. Die kombuis is met alles toegerus wat gaste sal nodig hê om 'n sorgelose selfsorgwegbreek te geniet. Gaste ontvang ook sjokolades en koffie- en teemaakgeriewe. Let dat die eenheid 'n TV, asook WiFi het.

Tarentaal beskik oor 2 slaapkamers en bied slaapplek aan 4 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die badkamer het 'n bad, stort, toilet en wasbak. Linne word voorsien, maar gaste moet hulle eie handdoeke saambring. Daar is plafonwaaiers en lugversorging in elke kamer, en 'n alarmstelsel in die huis. Die kombuisie is met alles wat vir sorgvrye selfsorgverblyf nodig is, toegerus. Die eenheid het 'n TV en WiFi.

Kolgans beskik oor 3 slaapkamers, 'n badkamer, 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Linne word voorsien, maar gaste moet hulle eie handdoeke saambring. Die sitarea het gemaklike sitplek en 'n TV met Netflix en daar is gratis WiFi. Ander geriewe sluit tee- en koffiemaakgeriewe in. Die eenheid het 'n alarmstelsel, 'n onderdak-stoep en braaigeriewe.

Daar is selfoonsein in sekere dele op die plaas.

Hier kan gaste die plaaslewe ervaar sonder om moderne geriewe prys te gee. Gaste kan dalk self wildspesies op die plaas gewaar en die natuurgeluide geniet. Let asb. dat daar nie selfoonsein by die huis is nie, maar jy kan wel op die WiFi bel.

Doendinge sluit veldblomkyk gedurende die velblomseisoen, stap op die plaas en 4x4- en bergfiets-roetes in. Die plaas bied ook geleenthede vir fotograwe om die landskap, wild, sonsondergang en dagbreek vas te vang.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 93 resensies vir Rietrylaagte Accommodation and 4x4
Netheid
4.9/5
Diens
4.7/5
Ligging
4.6/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ligging

  • Rietrylaagte Plaas, Trawal, 8147, Wes-Kaap
  • Gaste dink Rietrylaagte Accommodation and 4x4 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Weskus Wes-Kaap
Vanaf
Vanaf R1 100
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 100
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Rietrylaagte Plaas, Trawal, 8147, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA913cf112fc36efcf7444e5311ce1469b930abd9e861fe8c71f0d4b9fcc260839cd0eae2092c772a63b55bbe5fa4d91b498ae?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 100 per nag, vir 2 mense 93 5 1 5 Rietrylaagte Farm Trawal 8147 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -31.866697051212 18.558311462402