Rika's B&B

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Rika se B&B is geleë in die middel van die Karoo-dorpie, Willowmore. Jy sal dit vind net soos jy afdraai van die hoofstraat af. Die dorpie is die ideale oornagplek indien jy op pad is na George, Mosselbaai of Wildernis.

Verblyf word aangebied in 5 lieflike eenhede. DStv en 'n DVD-speler is beskikbaar in die gastesitkamer. Daar is meer as 400 flieks om van te kies. Die verblyf spog met 'n binnebraai vir reënweer asook 'n lapa met braaigeriewe in die tuin.

Die dorpie laat mens vergeet van die beperkings van tyd en dit is net ver genoeg van die beskawing af sodat gaste plattelandse ontspanning ten volle kan geniet. Die wildernis wat strek tussen Willowmore en Patensie is 'n mengelmoes van yslike, wilde klowe wat die bekende Baviaanskloof vorm. Dit is 'n pragtige, wilde deel van ons land wat uitstekende opsies bied vir voetslaan en prentjiemooi motorritte.

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Rika's B&B gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R700 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za