Ritorna - Me B&B

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Ritorna - Me skuil in 'n prentjiemooi tuin met 'n uitsig op Towerkop en Elandsberg. Dit is in Ladismith, 'n historiese dorpie in die middel van die Klein Swartberg se vallei in die Klein-Karoo.

Die bekoorlike Kaap-Hollandse B&B bied 3 stylvolle kamers, elkeen toegerus met 'n koningingrootte-bed, individuele linne, 'n privaat badkamer en 'n muurverwarmer. Twee van die drie kamers het klein, privaat stoepe waar gaste die panoramiese uitsig oor die tuine kan geniet. En een van die ander kamers het sy eie knus kaggeltjie.

Ritorna-Me het ook 'n pragtige sitkarea toegerus met 'n kaggel. Daar is ook 'n TV met DStv in die sitarea asook gratis WiFi beskikbaar. 'n Heerlike ontbyt word elke oggend bedien. Daar is braaigeriewe, braaipakke en hout beskikbaar vir gaste wat graag buite wil braai.

Ritorna-Me het 'n tweeslaapkamer-eenheid wat toegerus is vir selfsorg met badkamer, 'n volledig toegeruste kombuis en sitkamer met 'n platskerm-TV en dekodeerder. Die eenheid het 2 privaat ingange en die mooiste uitsig oor die swembad en tuin.

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Ritorna - Me B&B gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R800 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]