River Club 4204

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

River Club 4204 is 'n selfsorg-vakansiehuis in die gesogte River Club-kompleks in Plettenbergbaai. Dit is ideaal vir paartjies, gesinne en vriende wat opsoek is na 'n rustige strandvakansie op die Tuinroete.

Die kompleks is aan die oewers van die Piesangrivier geleë en die vakansiehuis bestaan uit 2 slaapkamers en 'n solderruimte. Die hoofslaapkamer is onder en het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met bad. Die slaapkamer het sy eie privaat patio. Daar is 'n solderruimte met 3 enkelbeddens.

Die moderne badkamer hert 'n stort, wasbka en toilet asook 'n aantrekkamer. Vanaf die solderruimte kan sonaanbidders die balkon bereik. Die kombuis, leefkamer en sitkamer is oopplan met gerieflike sitplek en 'n TV met sekere DStv-kanale. Die leefkamer lei na die patio met 'n ingeboude braai en die stoep grens aan 'n groenstrook en dammetjie.

Binne die kompleks is daar gemeenskaplike areas, soos tennisbane en muurbalbane. Die landgoed is veilig en net 3 minute se ry van die ongerepte Robberg Blouvlagstrand, of die meer kosmopolitaanse hoofstrand, en die middedorp van Plettenbergbaai met 'n reeks aktiwiteite, restaurante en buitemuurse doendinge.

Slaapplek

'n Bespreking by River Club 4204 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 3 persone
3 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na River Club 4204 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 200 per nag (plek vir 5)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false