River Edge Akkommodasie
- Kapasiteit: 34 persone
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Tierkop-plaas, Breederivier, 6858, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 650 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
By River Edge word jy deur berge omring wat teen sonsondergang in pienk verander, wingerde wat tot by die horison strek, fynbos lewend met klein wild en die Breederivier op jou drumpel - en tog is jy net 'n uur van Kaapstad af.
Dié pragtige, leiklip rivierhuise bied luukse, ontspanne en rustige verblyf - die ideale wegbreek vir moeë stadsjapies wat na 'n outentieke plattelandse ervaring soek.
Verblyf is beskikbaar in 5 huise genaamd Joubert, Jan Albert, Willem Hendrik, Benjamin en Coetzer. Camp Chloe bestaan uit 4 kampplekke langs die Breederivier. Al die huise het gemaklike beddens, badkamers, LCD-TV's met DStv, linne en badhanddoeke.
Daar is 'n Jacuzzi en braaigeriewe op die perseel en ons is rolstoel- en troeteldiervriendelik. Doendinge op die perseel sluit visvang, voëlkyk, wynproe, fietsry, bergfietsry en swem in.
Kenmerke
Geriewe
- Kinderoppasser Op Versoek
- Jacuzzi
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Rolstoelvriendelik
- Wynkelder
Aktiwiteite op perseel
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Baarshengel
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Etes Op Versoek
Parkeerplek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- Tierkop-plaas, Breederivier, 6858, Wes-Kaap
- Gaste dink River Edge Akkommodasie het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Breederiviervallei Wes-Kaap
- Kapasiteit: 34 persone
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Tierkop-plaas, Breederivier, 6858, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom