River Joy

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

River Joy is aan die oewer van die Breederivier in Malgas geleë en bied selfsorgverblyf vir 'n gesin of 'n groep van 8.

River Joy bied verblyf in 'n huis en 'n woonstel wat elkeen slaapplek vir 4 gaste het. Gaste kan albei eenhede óf net die hoofhuis bespreek. Bring asb. jou eie bad- en swemhanddoeke saam.

Die hoofhuis het 2 slaapkamers en 2 badkamers met storte. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed en 'n en suite-stort, terwyl die tweede kamer 'n dubbelbed het wat as 2 enkelbeddens opgemaak kan word.

Die woonstel het weer 1 slaapkamer met 2 enkelbeddens en 'n slaapbank, en die en suite-badkamer het 'n stort.

Die oopplan-kombuis in die hoofhuis is toegerus met 'n yskas, mikrogolfoond, stoof en 'n oond. Die leefarea het 'n eetarea, 'n sitarea met 'n TV met DStv, en bied toegang tot 'n beskutte stoep. Braaigeriewe is beskikbaar. Bring asb. jou eie drinkwater saam, rivierwater word in die kombuis en badkamer gebruik.

Gaste is welkom om hulle eie bote saam te bring vir watersport en visvang. Daar is 'n sleephelling en 'n groot jetty.

Slaapplek

'n Bespreking by River Joy sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 4 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelslaapbank

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Fietsry
  •  Swem

Badkamer

  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na River Joy gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 400 per nag (plek vir 8)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]