Riverbend Self-catering

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Riverbend Self-catering is 'n historiese gebou en nasionale monument wat in 4 moderne selfsorg-eenhede omskep is. Dis in 'n rustige woongebied in Graaff-Reinet geleë, net 'n entjie vanaf die middedorp.

Elke eenheid het 'n privaat ingang, veilige parkeerplek op die perseel en 'n aparte braai-area op die patio. Dié stylvolle eenhede bied berg-uitsigte en beskik elkeen oor gratis WiFi, 'n TV, 'n haardroër en lugversorging. Riverbend Self-catering se bekoorlike kothuise het privaat binne- en buite-areas waar historiese karakter en moderne gerief smaakvol vervleg word.

Elke eenheid het 'n privaat ingang, veilige parkeerplek van die straat af en 'n afgesonderde stoep met braaigeriewe.

Graaff-Reinet is 'n unieke en historiese dorpie aan die voet van die Sneeuberge. Gaste wat hiér aandoen, kan gerus 'n draai maak by Graaff-Reinet se Natuurreservaat, en inloer by die tientalle museums en galerye in die area.

Kenmerke

  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Wildkyk

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Riverbend Self-catering gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 200 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za