Riverfront Holiday House 35235

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Riverfront Holiday House 35235 bied selfsorgverblyf vir tot en met 10 persone aan die oewer van die rivier in Groot-Brakrivier.

Dié ruim huis beskik oor 3 slaapkamers in die huis en 2 slaapkamers in die woonstel. Linne word voorsien, maar gaste moet asb. hulle eie handdoeke saambring. Die hoofslaapkamer is op die eerste verdieping in die huis en is toegerus met 'n dubbelbed. Die kamer het 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n bad. Die kamer op die onderste verdieping het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer me t'n stort en 'n bad. Die tweede kamer het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort.

Die oopplan-kombuis is toegerus met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolfoond, 'n yskas-vrieskas, en die nodige eetgerei en breekware. 'n Skottelgoedwasser, wasmasjien en tuimeldroër is ook beskikbaar. Die eetkamer lei na 'n klein stoep met 'n ingeboude braai. Die sitkamer het 'n TV met volledige DStv en lei na die tuin en kyk uit oor die rivieroewer.

Die woonstel kan bereik word via die sitkamer of 'n aparte ingang. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede kamer het 'n stapelbed. Die kamers deel 'n badkamer met 'n stort. Die woonstel se kombuis is toegerus met 'n gasstoof, yskas-vrieskas, en 'n klein opwaskamer. Die sitkamer het'n TV met DStv.

Die eiendom is omhein en gaste kan in die oprit parkeer. Ongelukkig word troeteldiere nie toegelaat nie. Rook word nie binne die huis of woonstel toegelaat. Gaste word versoek om buite te rook.

Doendinge in die omgewing sluit in die Groot-Brakrivier museum, ontspan op die strand, walviskyk tussen Mei an November, en voëlkyk waar gaste kan kyk of hulle die Knysna Loerie sien.

Slaapplek

'n Bespreking by Riverfront Holiday House 35235 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
1 x Stapelbed

Slaapkamer 5 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Riverfront Holiday House 35235 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R5 320 per nag (plek vir 10)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za