Riverside Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Die Riverside Lodge is in Amsterdamhoek op die oewer van die Swartkopsrivier en is slegs 2 km vanaf Bluewater Bay-strand en 20 minute se ry vanaf meeste plekke in Port Elizabeth. Amsterdamhoek is 'n dorpie langs die rivier en is vernoem na 'n Hollandse oorlogskeepswrak wat by die Swartkopsriviermond in 1817 skipbreuk gely het.

Gaste sluit sakereisigers, vakansiegangers, gesinsgroepe en vissermanne wat sakpasverblyf in 'n gerieflike en skilderagtige omgewing soek in. Die verblyf bied 'n pragtige rivieruitsig en 'n groot verskeidenheid voëlspesies.

Verblyf word gebied in dubbelkamers met donsduvets, lugversorging, satelliet-TV, tee- en koffiemaakgeriewe, 'n werkstasie en 'n haardroër. Die kamers word daagliks skoongemaak. Daar is 'n privaat gaste-sitkamer met 'n uitsig oor die swembad en rivier.

Ontbyt is by die Riverside Lodge beskikbaar en aandete is op versoek van Maandag tot Donderdag beskikbaar. Daar is 'n grasdak-eetkamer met die keuse van sitplek binne of op die balkon met 'n rivieruitsig.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Geriewe

  •  Swembad
  •  Gastesitkamer
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Etes Op Versoek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Riverside Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R750 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za