Plettenbergbaai Akkommodasie by Rivertides 6 Apartment | LekkeSlaap
+15

Rivertides 6 Apartment

1 resensie
Selfsorg
Spesiale Aanbod 20% af

Kry 20% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 1 Okt 2020 tot 30 Nov 2020.

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Rivertides 6, Strandmeer, Keurboomsrivier-weg, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R2 200 R1 760 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Rivertides 6 Apartment is geleë in die Strandmeer-kompleks. Hierdie lieflike kompleks skuil tussen die see en die meer aan die einde van Keurboomsrivierweg. Daar is ‘n swembad en tennisbaan in die kompleks. Die woonstel is op die perseel van die hoofhuis by Rivertides 6.

Die woonstel het ‘n aparte ingang en parkeerarea. Die hoofdeel van die woonstel het 2 slaapkamers met dubbelbeddens. Hierdie deel het ook 'n oopplan-leefarea en patio met braai en kuier-area buite. Die derde slaapkamer het ‘n aparte ingang, is en suite en het ‘n koninggrootte-bed. Die woonstel is stylvol ingerig en baie goed toegerus. Die woonstel word nie vir klein kinders aanbeveel nie, aangesien daar trappe binne en buite is.

Vir buitelug-geesdriftiges is hierdie akkommodasie ideaal. Gaste kan na die strandmeer stap en die voëllewe daar geniet. Gaste kan ook die plankpaadjie langs die hoofhuis gebruik. Dit lei na die pragtige, ongerepte strand. ‘n Entjie met die paadjie af is daar ‘n vuurput en braai-area in die inheemse bos.

Rivertides 6 Apartment is ideaal vir ‘n romantiese wegbreek of vir paartjies wat deel. Dit is ook geskik vir ‘n klein gesin.

Slaapplek

’n Bespreking by Rivertides 6 Apartment sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Koninggrootte-bed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Swem
  • Tennis

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express
  • Diners-kaart
  • Forex
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 1 resensie vir Rivertides 6 Apartment
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.0/5

Ligging

  • Rivertides 6, Strandmeer, Keurboomsrivier-weg, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
  • Gaste dink Rivertides 6 Apartment het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
was R2 200
Vanaf R1 760
per nag (plek vir 6)
was R2 200
Vanaf R1 760
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Rivertides 6, Strandmeer, Keurboomsrivier-weg, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDEwM2E3ZmYxLTU3M2MtNGMyMC05YzhlLTQ1NDlhZjJmOTFjNg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format was R2 200, nou Vanaf R1 760  per nag (plek vir 6) 1 5 1 5 6 Rivertides Strandmeer, Keurboomsrivier Road 6600 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -34.024760867211 23.399999141693
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za