Rivertime Lounge

Voeg by Gunstelinge

 

Langtermynverblyf-aanbod 20 % af

Kry 20% af vir verblyf wat 8 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Beskrywing

Rivertime Lounge is 'n gerieflike selfsorgvakansiehuis teen die rivier in Port Owen Marina, Velddrif. Dié huis bied 'n Jacuzzi en 'n privaat jetty en is die ideale wegbreekplek vir 'n gesin of vriende.

Dié vakansiehuis beskik oor 3 slaapkamers en 'n solderkamer met slaapplek vir 6 volwassenes en 3 kinders. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed met 'n Cloud Nine-matras en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede en derde slaapkamers het elk 2 enkelbeddens met Cloud Nine-matrasse en het toegang tot die tweede badkamer met 'n bad en 'n stort. Al die slaapkamers het ingeboude kaste. Die solderkamer op die boonste verdieping het 3 matrasse en gemaklike sitsakke vir die kinders, asook 'n TV met 'n DVD-speler en 'n Nintendo-masjien.

Die huis het 'n oopplan-kombuis, -leefarea, en -eetarea met 'n uitsig oor die rivier. Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, eetgerei, breekware, 'n oond, gasstoof, mikrogolf, ketel, broodrooster en 'n koffie- en cappuccino-masjien toegerus. Die ruim vermaakkamer het 'n eetarea, kroeg, ingeboude braai, ysmasjien, radio en speletjies.

Gaste het toegang tot gratis WiFi en 'n kayak vir 2 om op die rivier te roei. Port Owen Marina is 156 km vanaf Kaapstad teen die mond van die Bergrivier.

Slaapplek

'n Bespreking by Rivertime Lounge sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Jacuzzi
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Jacuzzi
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  DVD
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Rivertime Lounge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 800 R1 440 per nag (plek vir 6)

Kry 20% af vir verblyf wat 8 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false