Riverview Farm & Karoo River Rafting

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Riverview Farm and Karoo River Rafting is geleë in die manjifieke Karoo. Dié ontspanne plaas-wegbreekplek bied jou die kombinasie van die asemrowende skoonheid van die veld, panoramiese horisonne, blou-grys berge en die uitgestrekte hemelruim.

Ons is geleë tussen Cradock en Middelburg in die Oos-Kaap. Dis 'n gerieflike oornagplek vir reisigers op die N10-hoofweg tussen Johannesburg en die kus. Geleë op die oewer van die Brakrivier, digby die samevloeiing van die Teebus, bied hierdie idilliese plek verwelkomende verblyf en geriewe van die hoogste gehalte.

Die plaas is fantasties vir families of groepe op soek na 'n avontuurlustige en prettige naweek of ontspanne wegbreek. Ons is ook die ideale plek vir maatskappye wat uit die kantoor wil ontsnap vir spanbou of onderwysers op soek na 'n aksie-belaaide program vir kinders en tieners.

James Jordaan en sy vrou, Delina, bestuur die plaas. James is 'n gesoute kano- en vlotvaarder wat wyd-en-syd gereis het en sal verseker dat jou besoek onvergeetlik is.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Groot 5
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Konferensiegeriewe

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Dataprojektor
  •  DVD-speler
  •  Witborde
  •  Internet
  •  Plek vir tot 50 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Aandete Op Versoek
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Riverview Farm & Karoo River Rafting gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R400 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za