Rivier Rus

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Rivier Rus is 'n dubbelverdiepinghuis in 'n vakansie-oord in Orkney. Die oord is op die oewer van die Vaalrivier en gaste het toegang tot die rivier.

Die huis bied slaapplek aan 12 gaste en het 4 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Drie van die kamers het elk 'n dubbel en die vierde slaapkamer het 'n stapelbed en 'n enkelbed. Daar is ook 'n toegemaakte balkon met 'n dubbelbed, en daar is 'n dagbed in die leefarea. Elke badkamer het 'n stort en bad.

Die kombuis is met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware toegerus. Daar is ook 'n skottelgoedwasser, tuimeldroër en 'n wasmasjien. Die eetarea het sitplek vir 8 en daar is ook 'n binnebraai in die area. Die sitkamer het 'n gemaklike hoekbank.

Die leefarea lei na 'n lapa met 'n draagbare braai, alternatiewelik bied die lapa onderdakparkeerplek vir 3 voertuie. Die huis is 120 m van die water af.

Gaste kan 'n verskeidenheid watersport, gholf, voëlkyk en visvang in Orkney geniet. Daar is ongelukkig nie 'n swembad nie.

Slaapplek

'n Bespreking by Rivier Rus sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 4 persone
2 x Dubbelbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Slaapsaalbed

Slaapkamer 5 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier

Parkeerplek

  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Rivier Rus gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 600 per nag (plek vir 12)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za