Robertson Holiday House 35633

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Robertson Holiday House 35633 bied selfsorgverblyf naby die strand in die kusdorpie, Reebok. Hierdie gehuggie is tussen Klein- en Groot-Brakrivier geleë en is slegs 'n kort motorrit weg van Hartenbos, Mosselbaai, George en George se lughawe.

Dié dubbelverdiepinghuis beskik oor 3 slaapkamers en het slaapplek vir 6 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en het 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede kamer het ook 'n koningingrootte-bed en die derde kamer het 'n dubbelbed. Die laaste twee kamers deel 'n volle badkamer.

Die ruim kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolf, wasmasjien en tuimeldroër toegerus. Ander geriewe sluit 'n binnebraai-area, 'n dubbelmotorhuis en 'n alarmstelsel in.

Besienswaardighede in die area is, onder andere, die Botlierskop Wildreservaat, Reebok se strand, Kleinbrak se strand, De Dekke Restaurant, Oubaai Gholflandgoed en die Garden Route Casino. Doendinge sluit swem, voetslaan, bergfietsry, kajakvaart, visvang, vlerksweef en wynproe in.

Slaapplek

'n Bespreking by Robertson Holiday House 35633 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Robertson Holiday House 35633 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 500 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false