LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Robin's Nest | LekkeSlaap
+24

Robin's Nest

Selfsorg
  • Kapasiteit: 9 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Meadow-laan 10, Glen Fruin Meadows, Onrusrivier, 7201, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 18
  • Vanaf R850 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Robin's Nest is teen die voet van die Onrusberge by die poort tot die Hemel-en-Aarde-vallei geleë. Dit is in die prentjiemooi, rustige en veilige privaat landgoed van Glen Fruin Meadows.

Verblyf is beskikbaar in 4 volledig toegeruste selfsorg-eenhede wat uitstekende uitsigte op die berge bied. Elke eenheid het 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n kombuisie. Daar is geriewe soos 'n TV met DStv, 'n verwarmer en 'n waaier. Gaste het ook toegang tot 300 MB gratis WiFi per dag.

Daar is gemeenskaplike braaigeriewe in die tuin en veilige parkeerplek. Die omgewing is 'n voëlkyker se paradys. Die Onrusrivier kabbel deur die landgoed en jy kan lekker soontoe wandel en jouself vergaap aan die aantal voëls in die omtrek.

Robin's Nest is stapafstand van die Hemel-en-Aarde-vallei en die Hermanuspieterfontein- en Whalehaven-wynkelders. Gaste kan die kosmarkies en wyne op Saterdae by die bogenoemde plekke gaan geniet. Die Hemel-en-Aarde-vallei is die tuiste van nog 'n paar ander bekende kelders soos Bouchard Finlayson, Sumaridge, Newton Johnston en Creations.

Ons is 3,5 km van Onrus-strand en die getypoel by Vermont af. Sandbaai is 2 km ver en die beroemde Grotto- en Voëlklip-strande is 8 km van die eenhede af. Hermanus is 3 km weg en 'n gunsteling onder walviskykers gedurende die seisoen.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 128 resensies vir Robin's Nest
Netheid
4.9/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ligging

  • Meadow-laan 10, Glen Fruin Meadows, Onrusrivier, 7201, Wes-Kaap
  • Gaste dink Robin's Nest het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R850
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R850
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 9 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Meadow-laan 10, Glen Fruin Meadows, Onrusrivier, 7201, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 18
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDg2MTlhOGZmLTM3MTEtNGIxZC1iYTA0LTFlMmRkOTA1ODMxMQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R850  per nag (plek vir 2) 128 5 1 5 10 Meadow Avenue Glen Fruin Meadows 7201 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-18:00 10:00 -34.410122179537 19.197868439179
Stem vir ons in die World Travel Awards!

Stem vir ons in die World Travel Awards!

stem
stem