Robin Hill Cottage
- Kapasiteit: 3 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: G10 langs die R71, Magoebaskloof, 0730, Limpopo
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R880 per nag (plek vir 3)
Beskrywing
Robin Hill Cottage is 'n bekoorlike selfsorgkothuis tussen die gomboom- en denneplantasies aan die bokant van die pragtige Magoebaskloof, sowat 10 km vanaf die prentjiemooi dorpie Haenertsberg in Limpopo. Die kothuis is naby die Stanford Lake College en verskeie trou-venues in die area. Die kothuis is ideaal geleë vir voetslaan, stap en bergfietsry en daar is volop voëllewe in die area, so dis enige fotograaf se droombestemming.
Die kothuis bied slaapplek aan 3 gaste. Die kamer is 'n solderkamer op die boonste vedieping met 'n dubbelbed, ekstra enkelbed en 'n slaapbank. Let asb. daarop dat die trappe nie geskik is vir bejaardes nie.
Daar is 'n badkamer en klein oopplan-kombuisie en -sitarea op die onderste verdieping. Die badkamer het 'n stort, toilet en wasbak. Die kombuisie is toegerus met verhit- en eetgeriewe soos 'n yskassie, ketel, broodrooster, mikrogolf, eetgerei en breekware. Daar is 'n buite-area met 'n etenstafel en braaigeriewe.
Slaapplek
’n Bespreking by Robin Hill Cottage sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
Aktiwiteite Naby
- Voëlkyk
- Fietsry
Hier praat ons
- Engels
Opsomming van Resensie
Ligging
- G10 langs die R71, Magoebaskloof, 0730, Limpopo
- Gaste dink Robin Hill Cottage het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Vallei van die Olifante Limpopo
- Kapasiteit: 3 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: G10 langs die R71, Magoebaskloof, 0730, Limpopo
- Alle ouderdomme is welkom