Rockridge Buffelspoort

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Rockridge Buffelspoort is 'n chalet op 'n privaat landgoed in die Utopia Natuurreservaat in die Magaliesberge. Dit is ongeveer 140 km vanaf Johannesburg.

Dié dubbelverdieping-chalet maak gebruik van sonkrag en geen haardroërs, mikrogolf, verwarmers of elektriese toestelle is beskikbaar nie en slegs selfoonlaaiers word toegelaat. Die chalet beskik oor 3 slaapkamers en 3 badkamers. Die hoofslaapkamer is op die onderste verdieping en is toegerus met 'n koningingrootte-bed, ingeboude kaste en die en suite-badkamer het 'n bad en 'n stort. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en 2 enkelbeddens. Die derde slaapkamer is 'n oop kamer op die boonste verdieping en het 2 koningingrootte-beddens en 2 enkelbeddens.

Die kombuis het basiese toebehore soos 'n yskas en 'n stoof. Die chalet lei na 'n groot privaat stoep wat braaigeriewe het en oor dele van die reservaat uitkyk. Die geluid van die rivier kan vanaf die stoep gehoor word.

Daar is ook sekuriteitsbeheerkontrole, en gewone patrollies sirkuleer die oord. Gaste kan ook gebruik maak van die oord se hoofgeriewe wat 3 swembaddens, 2 tennisbane, 'n putt-putt baan, groot skaak en 'n speelgrond insluit.

Die reservaat spog met 7 km gemerkte staproetes en 'n verskeidenheid van wild soos duikers, ystervarke, jakkalse, sivette, likkewane, bobbbejane, ape, vlakvarke, hase, dassies, skilpaaie, nagapies, slange, skerpioene en spinnekoppe.

Slaapplek

'n Bespreking by Rockridge Buffelspoort sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 6 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed
2 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Stoof

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Speletjieskamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Nagportier
  •  Restaurant op Perseel
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Verekombers
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer

Maaltye Aangebied

  •  Aandete Op Versoek
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Rockridge Buffelspoort gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R3 200 per nag (vir 12 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za