Rockwell 502 by CTHA

Voeg by Gunstelinge

 

Op die Nippertjie-aanbod 15 % af

Kry 15% af op alle besprekings wat 7 dae of minder voor jou verblyf gemaak word. Geldig vanaf 4 Mrt 2019 tot 30 Sep 2019.

Beskrywing

502 Rockwell is 'n selfsorgwoonstel in die hartjie van De Waterkant. Dis perfek vir gaste wat soek na daardie tikkie luuksheid en pragtige uitsigte oor Kaapstad se hawe en die V&A Waterfront.

Die woonstel is op die vyfde vloer en het 1 kamer met 'n dubbelbed en daar is ook 'n dubbelslaapbank vir kinders. Die badkamer het 'n stort oor die bad en 'n wasbak en toilet. Die kombuis, sit- en eetkamer is oopplan en in die kombuis is daar 'n yskas-vrieskas, mikrogolfoond, stoof, oond asook dubbelopwasbak en genoegsame kaste om eetgerei en breekware te stoor. Daar is ook 'n wasmasjien, tuimeldroër en skottelgoedwasser.

In die sitkamer is daar 'n tafel met stoele vir 4 persone. Die sitkamer het lekker sitplek en daar is 'n TV met sekere DStv-kanale en 'n DVD-speler. Van die sitkamer is daar skuifdeure wat na die balkon lei waar buite-meubels is en vanwaar gaste pragtige uitsigte kan geniet. Internet is reg deur die woonstel beskikbaar maar tariewe sal gehef word.

Die gebou het 'n swembad en gimnasium vir gaste om te gebruik en daar is veilige ondergrondse parkeerplek vir 1 motor. Die bekende Cape Quarter is oorkant die woonstel en die V&A Waterfront is net 'n entjie van ons af.

Slaapplek

'n Bespreking by Rockwell 502 by CTHA sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Area 1 - Huisves 2 kinders
1 x Kinderbank vir 2

Kenmerke

  •  Veilige Parkering

Geriewe

  •  WiFi

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Rockwell 502 By CTHA gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R960 R816 per nag (plek vir 2)

Kry 15% af op alle besprekings wat 7 dae of minder voor jou verblyf gemaak word. Geldig vanaf 4 Mrt 2019 tot 30 Sep 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za