Rockwood Lodges

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Rockwood Lodges nooi jou uit na die inheemse woude van die private Karkloof Natuurreservaat en die vrugbare vlaktes van Spitzkopplaas in Howick.

Die lodge het 4 eenhede met slaapplek vir 24 gaste. Rook is verbode in al die eenhede. Elke eenheid is toegerus met verwarmers, 'n Big Green Egg-braaier en iPod-koppelstasie. Hout en steenkool, handdoeke, linne, duvets en komberse, seep en sjampoe en tee- en koffiemaakgeriewe word voorsien.

Daar is nie selfoonontvangs die Woud-lodge nie, en slegs beperkte ontvangs by die Berg-lodge. Die Berg-lodge is heeltemal "off the grid" met toestelle wat met gas en sonkrag werk.

Let asseblief daarop dat die verblyf slegs met 'n 4x4-voertuig met 'n hoë grondvryhoogte bereik word. Ons kan vervoer van 'n sekere punt af verskaf indien jy dit met bespreking versoek.

Jy het ook toegang tot die klimraam en trampolien-area, natuurlike poele, of ons bergfiets-, stap- en wandelroetes. Rockwood Plaashuis en Kothuise is op Spitzkop Plaas en die Woud- en Berg-lodge is in die Karkloof Natuurreservaat in die KwaZulu-Natal se Middellande geleë. Die natuurreservaat is 'n belangrike en betekenisvolle gebied as gevolg van die biodiversiteit wat dit bied. Die reservaat het 'n beduidende hoeveelheid endemiese en naby-endemiese fauna en flora wat die besonderse Karkloof Blue-skoenlapper en 'n sub-spesie van die kuifkop tarentaal insluit.

Kenmerke

  •  Braaiplek

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Geriewe

  •  Braaiplek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Rockwood Lodges gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 882 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]