Rocky Pool Guest House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Rocky Pool Guest House bied selfsorg-eenhede en is aan die laer Suidkus van Durban geleë. Hierdie gastehuis het die ideale ligging 1 km van prentjiemooi strande in die omgewing af.

Die verblyf by Rocky Pool Guest House bestaan uit 2 selfsorg-eenhede: die dakwoonstel met slaapplek vir 4-7 gaste en die kothuis met slaapplek vir 2-4 gaste. Elke eenheid het ook 'n goed toegeruste kombuis om maaltye voor te berei. Albei eenhede het lugversorging,die eenheid wat slaapplek bied aan 7 gaste het DStv-Compact en die ander TopTV met sekere kanale.

Die gastehuis het ook braaigeriewe, 'n kristalblou rotsswembad en swaaie vir kinders. Daar is oorgenoeg voëlkykgeleenthede op die perseel te danke aan die verskeidenheid voëlspesies wat daar voorkom, soos die geelbekwou wat gereeld gewaar word.

Veilige parkeerplek is beskikbaar agter hekke met afstandbeheer. Rocky Pool Guest House is ook naby 'n spa, wegneemrestaurante en ander geriewe.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Rocky Pool Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R599 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za