LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Rockydrift Private Nature Reserve | LekkeSlaap
+59

Rockydrift Private Nature Reserve

  • Kapasiteit: 21 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Erfdeel 3 van Plaas Kaalbooi JT 386, Waterval Onder, 0000, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R600 per nag (plek vir 3)

Beskrywing

Rockydrift Private Nature Reserve is sowat 290 km vanaf Johannesburg op die Waterval Boven-/Nelspruitpad en is geleë in 'n afgeslote vallei van ongeveer 257 hektaar met van die mooiste berglandskappe wat die Waterval Boven-distrik moontlik kan bied. Die klimaat is tipies dié van 'n somerreënvalstreek.

Verblyf beskik oor 2 eenhede. Webster House is 'n gemeubileerde kothuis met 3 slaapkamers waarvan 1 'n en suite-badkamer het en 2 toegang tot 'n aparte badkamer het. Daar is 2 kamers met 'n koningingrootte-bed elk en 'n derde kamer het 2 enkelbeddens. 'n Ekstra gas kan in die sitkamer slaap. Linne en handdoeke word voorsien. Die kothuis het ook 'n kombuis met 'n yskas-vrieskas, mikrogolfoond en ander kombuisware en daar is 'n platskerm-TV.

Owl House is 'n oopplan-kothuis met 'n slaapkamer met 'n koningingrootte-bed, 'n solderarea met 'n enkelbed en 'n aparte badkamer. Linne en handdoeke word voorsien. Daar is ook 'n kombuis met 'n yskas-vrieskas, mikrogolfoond en kombuisware en daar is 'n platskerm-TV.

Die natuurlike watertoevoer word gevoed deur die Joubertspruit-sytak van die Elandsrivier wat sy skoon en vars water van die hoogste bergpieke af kry. Die natuurreservaat is ekologies afgesonder en bied 'n tuiste vir 'n groot verskeidenheid dierlewe en plantegroei.

Die kloof en die hange van die vallei is ryk in natuurlike en Suid-Afrikaanse geskiedenis en was op 'n stadium die tuiste van President Paul Kruger se kommando gedurende die tyd van sy ontsnapping van ballingskap via Lourenco Marques (Maputo). Sirkelvormige kliplaers met die ou Martini Henry-geweerpatrone en emaljebekers wat gebruik is deur die boere en verkenners word soms nog op die perseel opgegrawe.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Persoonlike Kluis
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.1 uit 5van 52 resensies vir Rockydrift Private Nature Reserve
Netheid
4.2/5
Diens
3.9/5
Ligging
4.2/5
Veiligheid
4.1/5
Waarde vir geld
4.2/5

Ligging

  • Erfdeel 3 van Plaas Kaalbooi JT 386, Waterval Onder, 0000, Mpumalanga
  • Gaste dink Rockydrift Private Nature Reserve het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R600
per nag (plek vir 3)
Vanaf R600
per nag (plek vir 3)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 21 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Erfdeel 3 van Plaas Kaalbooi JT 386, Waterval Onder, 0000, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGM4YzM4NTE5LTJhNDEtNDQxMS1hN2Y5LWM4OWU0YzE5ZTU4ZQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R600  per nag (plek vir 3) 52 5 1 5 Portion 3 of Farm Kaalbooi JT 386 Waterval Onder 0000 Mpumalanga 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -25.653944 30.37545
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!