RoelieLutie

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

RoelieLutie bied sakpasverblyf op ’n privaat plaas slegs 5 minute se ry van Oudtshoorn af. Dis die ideale verblyf vir gaste wat op soek is na rustigheid, maar dis ook naby doendinge in die area. RoelieLutie is net 600 m van die R328 af wat na die Kangogrotte lei, asook die Kango-volstruisplaas en die Swartberge. Die Kangowildplaas is slegs 4 minute se ry van die verblyf af.

Dié basiese gastekamer is vas aan die hoofplaashuis, maar het ’n privaat ingang. Die kamer het 2 ekstra lang enkelbeddens met gehalte-matrasse wat in ’n koninggrootte-bed omskep kan word. Die oopplan-badkamer is in die kamer en het 'n gordynafskorting vir privaatheid. Die badkamer het 'n stort, toilet en wasbak. Die kamer beskik oor ’n verwarmer, yskassie, mikrogolf, ketel, broodrooster, borde, bakke en eetgerei. Ontbytgraan, beskuit, tee en koffie word aan die begin van gaste se verblyf voorsien. Daar is ’n kamer langsaan met 2 enkelbeddens met gehaltematrasse vir kinders.

Buite is daar ’n stoeparea met sitplek en braaigeriewe is beskikbaar. ’n Tuisgemaakte ontbyt kan voorsien word op versoek. Parkeerplek is beskikbaar op die perseel.

Slaapplek

'n Bespreking by RoelieLutie sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Nederlands
  •  Vlaams
  •  Frans

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na RoelieLutie gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R700 per nag (vir 4 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false