Rondebosch Place

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Rondebosch Place is ’n selfsorgwoonstel in ’n veilige woonstelblok in sentraal Rondebosch met ’n pragtige berguitsig. Die woonstel is naby die Universiteit van Kaapstad, die Hoofstraat, openbare vervoer, restaurante, winkels, Kelvin Grove Club en die Nuweland Krieket- en Rugbystadions.

Die woonstel bied slaapplek aan 4 gaste en het 2 slaapkamers, 1 badkamer, ’n kombuis en leefarea. Die hoofslaapkamer het ’n koningingrootte-bed en die tweede kamer het ’n dubbelbed. Die badkamer beskik oor ’n stort-oor-bad, toilet en wasbak. Linne en badhanddoeke word voorsien en die woonstel word voor gaste se aankoms en na hul vertrek skoongemaak.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg met ’n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, eetgerei en breekware. Die sitarea het ’n gemaklike sitstel en platskerm-TV teen die muur met sekere DStv-kanale. WiFi is ook beskikbaar.

Daar is ’n toesluitmotorhuis en parkeerplekke op die perseel. ’n Muntaangedrewe-wasmasjien is ook beskikbaar in die woonstelblok. Lughawependeldienste kan gereël word.

Slaapplek

'n Bespreking by Rondebosch Place sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Kenmerke

Aktiwiteite Naby

  •  Wynproe
  •  Fietsry

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Rondebosch Place gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 400 per nag (vir 4 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false