Limpopo Akkommodasie by Rondefontein Game Breeders en Guesthouse | LekkeSlaap
+26

Rondefontein Game Breeders en Guesthouse

18 resensies
Gastehuis
  • Kapasiteit: 17 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Rondefontein JR 84 Erfeel 6, Bela-Bela, 0480, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R980 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Rondefontein Game Breeders and Guesthouse is 800 m vanaf die noordelike hek na Dinokeng Natuurreservaat, net 3 km vanaf die gewilde Camp Discovery waar sport-oefenkampe gehou word. Ons bied gehalteverblyf wat ideaal is vir natuurliefhebbers en avonturiers. Kom beleef die vrede van die bosveld terwyl jy die verskeidenheid bokke, wildebeeste en volstruise dophou wat vrylik op die plaas rondwei.

Die woonstel het 2 slaapkamers: Die eerste kamer het 'n dubbelbed sowel as 'n enkelbed en die tweede kamer het 'n koningingrootte-bed en 'n enkelbed. Elke kamer het 'n en suite-badkamer. Verder is daar lugversorging, 'n yskassie en tee- en koffiemaakgeriewe.

In die hoofhuis is daar 2 slaapkamers. Blesbok-kamer het 'n groot en suite-badkamer met 'n stort en 'n bad. Die tweede slaapkamer, Zebra, het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n groot bad. Dié kamer het ook 'n aparte ingang wat lei na die kuierarea en boma. Olifant-kamer is deel van die hoofhuis en is ons grootste eenheid met slaapplek vir 5. Dié eenheid het 'n privaat stoepie wat uitkyk oor die voerplek vir wild. Die kamer het ook 'n en suite-badkamer met 'n stort. Ander geriewe sluit 'n gasbraaier op die stoep, asook koffie- en teemaakgeriewe en lugversorging in.

Daar is 'n binnehof met braaigeriewe, 'n groot boma vir gaste, en 'n gemeenskaplike swembad wat deel vorm van die gemeenskaplike vermaakarea.

Wildritte sowel as selfsorg-ontbyt kan teen 'n addisionele tarief gereël word.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Begeleide Wildritte as Ekstra
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Groot 5

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Aandete Op Versoek
  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 18 resensies vir Rondefontein Game Breeders en Guesthouse
Netheid
4.6/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ligging

  • Rondefontein JR 84 Erfeel 6, Bela-Bela, 0480, Limpopo
  • Gaste dink Rondefontein Game Breeders en Guesthouse het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Limpopo
Vanaf R980
per nag (plek vir 2)
Vanaf R980
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 17 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Rondefontein JR 84 Erfeel 6, Bela-Bela, 0480, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGU2Y2I0Y2NiLThiY2ItNDcwMS1hODIzLTU2ZjhiNzRkN2U1Yg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R980  per nag (plek vir 2) 18 5 1 5 Rondefontein JR 84 Portion 6 Bela Bela 0480 Limpopo 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -25.317867628673 28.419540077448
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za