Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Rondegat Cottages

  • Kapasiteit: 37 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Ou Kaapse Weg, Clanwilliam, 8135, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 500 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Rondegat Cottages is op 'n sitrusplaas langs die Clanwilliamdam geleë, wat gewild is vir watersport en visvang. Daar is 'n 14 km lange grondpad vanaf die N7 tot by die kothuise.

Verblyf is beskikbaar in goed toegeruste selfsorgkothuise met mooi uitsigte oor die dam en in 'n privaat huis, genaamd Lake View House, met 3 slaapkamers. Die kleinste kothuis het sy eie plonspoel en die ander kothuise het toegang tot 'n gemeenskaplike swembad. Beddegoed word voorsien, maar nie handdoeke nie.

In die lente kan besoekers hul verlustig in die duisende lieflike blomme in Clanwilliam, die Biedouw-vallei en die omliggende areas. Die area is 'n paradys vir voëlkykers en jy kan gereeld die roep van visvalke oor die water hoor galm. 'n 4x4-roete van 15 km kronkel deur die fynbos en bied pragtige uitsigte oor die berg en die vallei.

Bote kan gratis te water gelaat word op die dam by Rondegat. Daar is ook 2 kano's beskikbaar wat gaste kan gebruik, so onthou om jou visstok saam te bring! (Let asb. op dat die watervlak laag is gedurende die somer. Doen asb. navraag oor bote te water laat.) Gaste kan hul eie bergfietse en bote saambring of langs die swembad ontspan en die stilte van hierdie gesinsoord geniet.

Rondegat is net 14 km van Clanwilliam af en dit is die ideale basis vir daguitstappies na die noordelike en suidelike dele van die Cederberge, Lambertsbaai en na Elandsbaai.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Kunsvlieghengel
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.3 uit 5van 103 resensies vir Rondegat Cottages
Netheid
4.2/5
Diens
4.2/5
Ligging
4.3/5
Veiligheid
4.6/5
Waarde vir geld
4.2/5

Ligging

  • Ou Kaapse Weg, Clanwilliam, 8135, Wes-Kaap
  • Gaste dink Rondegat Cottages het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 500
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 500
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 37 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Ou Kaapse Weg, Clanwilliam, 8135, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDQ4YmNkMmRlLTRjMWMtNDJjNS1iMWIwLTI3NDY5MTNkZTFmNg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 500 per nag, vir 2 mense 103 5 1 5 Ou Kaapse Weg Clanwilliam 8135 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 09:00 -32.265452830534 18.937093019485