Rondekop Farmstay

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Rondekop Farmstay is ’n selfsorg-plaashuis op ’n privaat wildplaas slegs 3 km vanaf Jansenville en dit bied slaapplek aan 12 gaste.

Die huis het 6 slaapkamers, 1 kamer is op die stoep en deel die gebruik van 2 badkamers. Warm water word deur ’n gasgeiser voorsien. Vier van die kamers het elk ’n dubbelbed en die ander 2 kamers het elk 2 enkelbeddens. Linne en handdoeke word voorsien, maar gaste moet asb. hul eie swemhanddoeke saambring.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg met ’n gasstoof- en oond, yskas, spens en etenstafel. Die sitarea het ’n heerlike kaggel om gaste warm te hou op koue wintersaande. Let asb. daarop dat daar nie ’n TV is nie. ’n Skoonmaakdiens is beskikbaar op versoek teen ’n addisionele koste per dag. Die huis het ’n stoep reg rondom waar gaste kan ontspan en die uitsig kan geniet. Braaigeriewe is beskikbaar.

Rondekop Farmstay gebruik sonkrag en gaste moet asb. elektrisiteit spaarsamig gebruik, ’n kragopwekker is ook beskikbaar indien nodig. Aangesien die plaas in ’n area is wat droogte ervaar, moet gaste asb. water spaarsamig gebruik. Drinkwater kom uit die reënwatertenke langs die huis, en water vir die res van die huistake word deur ’n boorgat voorsien. Dit is egter beperk. Let asb. daarop dat daar ’n grondpad is wat na die verblyf lei.

Die plaas het ’n 12 km-lange sirkelroete vir bergfietsry en draf en is die tuiste van verskeie aalwyne, vetplante en Euphorbium-plantspesies. Wild soos koedoe, blesbok, duiker, sprinkbok en steenbok kan op die plaas gesien word.

Slaapplek

'n Bespreking by Rondekop Farmstay sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 5 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 6 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Wildritte
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Persoonlike Kluis
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Rondekop Farmstay gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 500 per nag (plek vir 12)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za